Verskraling

Verskraal. Verdwaal. Verarm. Ingeperk. Dis alles goed wat met ons gebeur as ons begin blaaie uit ons Bybel uitskeur.

Blaaie uit ons Bybel uitskeur? Ons sal dit mos nooit doen nie! Die Bybel is ‘n heilige boek! Maar soos ‘n spreker wie se naam ek nou nie meer kan onthou nie eenkeer gedemonstreer het, skeur ons al die blaaie uit ons Bybel waarvan ons nie hou nie. Ons vriend, Lourens, praat van die dun Bybeltjie. Die Bybel raak al hoe dunner. Ons lees net wat ons wil lees, die dele waarvan ons hou. Dominees word ook al hoe meer ingeperk oor waaroor hulle mag preek. Want menseregte. En Oordeel. Liefdeloos. Moet tog net nie mense se gevoelens seermaak nie. Me, Myself and I en bogger die res. Haal jy iets uit die Ou Testament aan, word neerhalend daarna verwys as Ou Testamenties. Of Wetties. Ou Nuus. Dit werk nie meer so nie. Ons druk God al hoe meer in ‘n boksie en die boksie raak al hoe kleiner, ‘n boksie wat ons pas. Waarvan ons hou. Soos ons dink God moet wees.

Ek dwaal nou redelik aan die einde van die Nuwe Testament. By Hebreërs, Jakobus, Petrus, Johannes en Openbaring. En wat lees ek keer op keer raak? Dat Jesus die enigste manier is om by God uit te kom. Dat Hy en Hy alleen ons losgekoop het. Dat ons eerbied vir Hom moet hê. Dat ons hoop en ons geloof op Hom gerig moet wees. Dat ons op ons hoede moet wees en nie meegesleep word deur die dwaling van beginsellose mense nie. Dat Hy ons sondes vergewe as ons dit bely. Dat dit JUIS is omdat Hy ons LIEFHET dat Hy bereid was om Sy seun te offer aan die kruis, anders sou ons dit nie gemaak het nie. Dat ons ons oë moet oophou vir die antichriste, die dwaalleeraars, vals profete, mense wat die Woord verdraai.

Ons moet waaksaam wees dat ons nie die Evangelie verdraai, verskraal, verarm, inperk nie, want as ons dít doen, verskraal, verdwaal, verarm, perk ons onsself in.

Mooi dag.

Toortsie

17 thoughts on “Verskraling

  1. Die vertalers het in die derde en vierde eeu reeds die evangelie fundamenteel verander en ons doen en glo heelwat anders as in die eerste eeu in Jerusalem. Maar, na 13 studie, het ek gevind die Christendom is in so ‘n diep groef dat die Waarheid en oorspronklike evangelie nou gehaat word. Ons het lekker ver afgedwaal, korporatief.

    Liked by 1 person

    1. Ag Pete, ek lees maar die Bybel in geloof. Dis al wat ek het. Ek vertrou dat die vertalers met die oudste en betroubaarste bronne werk. As ek dan verkeerd is, vertrou ek dat God my hart ken en dat Sy genade vir my genoeg sal wees. Ek probeer om die Bybel na die beste vermoë en met die hulp van die Heilige Gees te lees en te doen. Ek maak baie foute, maar ek maak staat op die liefde van Jesus.

      Liked by 1 person

      1. Hulle het die oorspronklikes vernietig en die vertaalprojekleier minstens vyf keer uitgeban. Hulle was krimineel. Maar, solank jy Johannes 1 en Jesaja 9v6 het, sal jy okay wees. 😊

        Like

          1. Dis goed so, Sondae prewel ons die geloofsbelydenis voor die preek en besef nie dit weerspreek Joh 1 en Jes 9 nie. Jesaja is redelik onlangs op Persiese klei-artefakte van een of ander oorlye prinsoktorsgrade, waarvan hy een summa bum laude geslaag het. Hy is ook ‘n historikus, IT kundige, professor in teologie en ‘n skrywer.

            Like

    1. O ja. Sedert ek in 1995 besluit het om die hele Bybel te lees ipv rond en bont het my geesteslewe aansienlik verdiep. Ek is nie spyt dat ek destyds daardie besluit geneem het nie. Die Woord leef en elke keer wat ek dit weer lees, is daar iets nuuts.

      Like

Gesels saam, asseblief!