Ai tog! Met Toortsie weet ‘n mens ook nooit. Maar eintlik is dit nie só nie, eintlik wéét jy mos by voorbaat dat jy enige iets kan verwag. Toortsie het vandag die groot stap in haar voetjies. Sien, sy mag mos nou skielik weer wettig stap.
Vroegoggend het sy al gou vinnig gestap om iemand te gaan sien, maar waar die moeilikheid eintlik begin het, was by haar droom laasnag. Sy het van haar ma gedroom. Sies tog, die tannie is mos in die ouetehuis en dis al van vóór die amptelike grendeltyd dat die oumense gegrendel was.
Intussen het hulle dit ietwat verslap en kan Toortsie by die hek by die stoep staan en dan bring hulle haar ma tot by die skuifdeur van die sitkamer en dan moet hulle so oor ‘n afstand kuier. Die vorige keer wat hulle dit gedoen het, was Toortsie vreeslik tranerig. Die ouma het haar glad nie herken nie, bet gedink dis Toortsie se tannie Eljo wat daar staan.
Vanoggend besluit die Toorts dat sy haar ma ‘n slag weer in lewende lywe moet sien. Het hulle dit nou geniet! So oor die afstand het hulle die nodigste gesê terwyl Janine die tolk was en die woorde tot by die ouma se ore gebring het. Sy die sjokolade en koekies net daar sit en eet en dit net voor ete!
Toortsie se stappery het nie daar gestop nie, sy hou toe sommer aan winkels toe ook. Soos ‘n opgewonde kind groet sy elkeen wat verbykom. Bied mense vir haar ‘n geleentheid aan, sê sy nee dankie. Die klompie kinders op hulle skaatsplanke moes eers vir haar wys wat hulle alles kan doen daarmee. Gesels met almal wat lus het. Vertel tot van die Towerinne en die spinnekoppe, ek het my só geskaam! Ek moes omtrent my lag sluk toe daar vier jongelinge van voor af kom en sy effens skrikkerig was en toe gedink het om, sou die nood druk, haar wegneemete vir hulle aan te bied! O, die mooiste was toe ‘n bakkie met ‘n vreemde persoon van voor af kom en by sy ruit uit sê: ‘Goeiemôre mevrou Burger’!
Nou ja, met Toortsie weet ‘n mens mos nooit, soos ek reeds gesê het. Sy sê sy breek so mure af en bou brûe, dis blykbaar haar roeping. Haar pa was ook so: Moes net ‘n brood gaan koop en kom drie ure later by die huis nadat hy ‘n geselsie aangeknoop het met almal. Hy het glo altyd gesê: ‘Madelé, groet die mense. ‘n Mens weet nooit of hulle nie dalk ‘n slegte dag het nie.’
Weet julle wat sê sy toe sy by die huis aankom? “My batterye is nou só gelaai, ek sien selfs amper kans vir Rebusfontein se spinnekoppe!” Tik my met ‘n veer om!
Ursula
Ns. As jy wonder wie ek is, ek is mos Toortsie se Alter Ego.
Toortsie op potgooi: https://soundcloud.com/user-39380642/oggendstappie-straal-god-se/s-aEAeYEHLHAw
Ursula! Nou kan jy my ook sommer met ‘n veer omtik – welkom terug!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek het ‘n bietjie verkies om op die agtergrond te bly.
LikeLiked by 1 person
Ag foeitoggie – is jou kop seer? Wonder wat dit nou kon veroorsaak het… Dalk kan Ursula ons kom help op Rebusfontein?
LikeLiked by 1 person
Ursula se kop is nie seer nie. Dis Úrsula wat ‘n rukkie op die agtergrond was. Want haar lip was mos dik vir my.
LikeLiked by 1 person
Wat n lekkerte!!!
LikeLiked by 1 person
Heerlik! 😁 Ek kan nie veel anders wys vir die dag nie.
LikeLike
Maar dit is genoeg. Jou batterye is gelaai 👌
LikeLiked by 1 person
Jop
LikeLike
Jip
LikeLike
Toe kom my man 4 nm hier aan en gaan stap ons in die berg.
LikeLike
Ag, om by jou ma te gaan kuier. Wat ‘n heerlikheid. Hello Ursula en welkom terug.
LikeLiked by 1 person
Ursula, jy het kom inloer! Wonderlik! Ons het vreeslik baie skindernuus om oor Toortsie te vertel!💃
LikeLiked by 1 person
Nou het jy my deurmekaar! Het jy regtig lekker met jou ma gekuier? M. y oggend lope kan met tye ook baie lank wees. Hang af hoeveel mense ek teenkom. Ons groet altyd en kuier oor die laaste gebeurtenisse. Dis so lekker om met almal net n vinnig geselsie aan te knoop. Van oompie op sy fiets, oompie wat berg uitklim elke dag, oompie met kanker, vroutjie met haar baba, vroutjie wat haar hand seergemaak het, eendevrou, my geswese supervisor en haar man en nog vele meer. Alles op een oggend.
LikeLiked by 1 person
Ag jou stappe klink te lekker. Ek kon my ma so oor die afstand sien. Nie regtig gesels nie omdat sy nie behoorlik kon hoor. Tog was die ‘saamwees’ baie goed vir ons albei.
LikeLike
Dis baie goed om net daardie amper bymekaar wees te beleef. Sal nie so lank meer wees voordat jul weer mekaar kan “voel” nie.(hou duime vas) Ja my stappies is beslis my beste halfuur tot uur van die dag. Die oom met kanker kom selfs tot by my hek om n praatjie te maak. Hy is so dapper met sy lopery. Hul het lasweek sy stem cells getrek om weer te gebruik vir die bestryding.
LikeLiked by 1 person
So straal jy liefde uit. 😀
LikeLiked by 1 person
Beslis!
LikeLiked by 1 person
Ai Ursula…bly te kenne. Ken net vir Madele en Toorts….wel..ummm…klink of julle 3 oorneem. Geniet dit ten volle
LikeLiked by 1 person
Flukse vrou!
LikeLike
So lekker. Ek en manlief het die middag ook nog weer gaan stap.
LikeLiked by 1 person
Ek sal kan stap vir ‘n lewe dink ek.
LikeLiked by 1 person
Jou battery klink omtrent gelaai!!!
LikeLiked by 1 person
So reg soos ‘n roer. 😁
LikeLiked by 1 person