Hier volg die vyfde hoofstuk van die bloguitdaging: Die storie oor die Towerinne en Coronamouna. Soos gewoonlik by ‘n vervolgverhaal, moet almal wat wil deelneem ‘n inskrywingsvorm voltooi – kry die vorm hier: https://forms.gle/spN3EwV1kt5wGW9F9
Bloggers sal skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word om te sien wanneer dit jou beurt is om te skryf.
NB!Hierdie uitnodiging is oop vir alle bloggers op alle platforms – ons soek altyd “nuwe bloed” om deel te neem aan ons uitdagings. As jy in Afrikaans skryf, sluit gerus aan by die Towerinne en neem deel aan hulle avonture. As jy nog nooit deelgeneem het aan een van ons uitdagings nie, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
Onthou ook die addisionele reëls vir vervolgverhale – (1) wag jou skryfbeurt af, (2) wanneer ‘n nuwe blog geplaas word en jy is volgende aan die beurt – gee net eers ‘n dag of wat kans sodat almal die blog kan lees en kommentaar lewer voordat jy jou bydrae plaas en (3) plaas jou bydrae binne die volgende drie tot vyf dae sodat ons nie die vloei van die verhaal belemmer nie.
Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is:
https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017
Hoofstuk 6
Ag, hoe dankbaar is ek dat ek ‘n wettige witblitsstoker persoonlik ken, anders weet ek nie hoe ek hierdie spinnekopsituasie sou hanteer nie.
Dis geen geheim dat ek spinnekoppe vrees nie en vandat een my gebyt het en ek bitter siek geword het daarvan, het die vrees net nog vererger. Nou word Rebusfontein bedreig deur spinnekoppe. En nie net Rebusfontein nie, die hele wêreld word bedreig en is in ‘n noodtoestand en dit as gevolg van spinnekoppe wat klein balletjies spin en dit loslaat in die wind. En daardie spinnekoppe bly in die bos by Rebusfontein! Kan jy dit nou oorvertel!
Una is deur die spinnekoppe gevange geneem. Nie enige Una nie, ONS UNA. Die Towerinuna! In gelid stap die volle span Towerinne om vir Una te gaan bevry waar sy vasgespin staan in die rots by die poeletjie by die houthuisie in die bos. Dis rots waar die spinnekoppe woon. Soos Porkie kom verslaggee het. Porkie vlieg vooruit om vir ons die pad te wys.
Ek loop heel agter. Trap wye spore. Trap hopelik sommer ‘n spinnekop raak en dood in die proses. Gelukkig het ek my bootse aan, want vir ‘n hardlopende spinnekop sien ek nie kans nie.
Elkeen gewapen met ‘n selfoon in haar sak, slegs op vibrasie gestel. Geen klank. Christa bly ons skakel by die huis, gereed vir enige noodgeval en op die uitkyk vir enige vreemde tekens. Haar kennis van rekenaars maak haar die perfekte een om met Kosie, die robot en sy drome te kan kommunikeer. Hy verken die omgewing en sal haar dadelik in kennis stel van enige gevaar, waarop sy weer die Towerinne sal waarsku deur Whattsapp.
Woordnoot en Bondelsgedagtes loop heel voor, gewapen met bottels Doom om die spinnekoppe te verdoof. Die probleem is dat spinnekoppe hardloop wanneer ‘n mens hulle met Doom spuit en dís waarvoor ek die bangste is, vir as een dalk teen my voet vashardloop! Perdebytjie gaan die spinnekoppe vang en wegneem na ‘n heeltemal ander bos, ver van Rebusfontein af. Voor sy hulle egter gaan neersit, gaan Trommeltjies en Scrapydo hulle eers opereer. Steriliseer. Sodat hulle ophou om die gevaarlike balletjies te spin wat die wêreld siek maak.
Die Towerinne giggel en klets van vrees en te veel witblits en Vuurvliegie het al haar dae om die span te kalmeer. Die volgende oomblik vibreer ons selfone in ons sakke. Soos een man gaan ons staan en kyk die whattsappboodskap wat ingekom het. ‘Wees versigtig. Vreemde beweging by houthuisie.’
Hester stel voor dat ons gaan ondersoek instel. Woordnoot, Bondelsgedagtes, Perdebytjie, Trommeltjies, Vuurvliegie, Sonelle, Positief, Seegogga en Frannie gaan voort om vir Una te bevry. Ek, Hester, Virgo en Kameel sal gaan ondersoek instel wat aangaan by Carona se huisie. Ons vertrou in elk geval nie haar vriendskap met Broodina nie.
Toortsie
Sal weer lees wanneer probleem opgelos is… bedoelende jou ellelange sinne. 😊
LikeLike
Opgelos. Nou is my paragrawe weg
LikeLiked by 1 person
Dis alles Caronamouna en haar spinnekoppe se skuld.
LikeLike
Toortsie man, baie dankie, ek waardeer dit baie. Ek het lekker gelees en wonder waarom jy die makliker paadjie gekies het. Of is dit …
LikeLiked by 1 person
Makliker paadjie? Dink jy daar is minder moeilikheid by Corona se huisie?
LikeLiked by 1 person
Vir jou part, ja, maar ek dink daar wag een massiewe spinnekop. Die moeder van spinnies …
LikeLike
Neeeeee! Moenie so sê nie! 😳👀
LikeLiked by 1 person
Ek is jammer, maar ek voel daar is een wat wag ….
LikeLiked by 1 person
Ai toggieeer
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek is verkeerd, julle gaan haar red?
LikeLike
Ons moet maar kyk wat die volgende Towerinne uitdink. 🙈 Enige iets is moontlik.
LikeLiked by 1 person
Daai is baie waar.
LikeLiked by 1 person
Ek her ook dadelik gesien dat Toorts enige fevaar bo schpinnekop gevaar verkies. Ek hoop nie sy is later spyt nie. Met my knyperssh shal ek Unatjie sssommer gou bevry. Julle ander moet net asheblief die spinnekoppe weghou. Dankie vir die koffie, Hester. Eksh noggie heeltemal reg nie, maar voel al baie beter.
LikeLiked by 2 people
Ek wag met ingehoude asem dat jy my kom uitknyp, Seegogga. Net versigtig wees, nè, mik liewer vir die onderste helfde waar dinge nie so uitstaan nie.
LikeLiked by 1 person
🤣
LikeLike
Ek sou ook dink die onderste helfte is beter. Netnou giggel jy of iets.
LikeLike
😀
LikeLiked by 1 person
Mooi Toorts. Ek dink ons gaan die onheil uitgewis kry.
LikeLiked by 1 person
Van alle kante af!
LikeLike
Ek het weer gepraat voordat ek gedink het en nou is ek op pad na ‘n regte heks se huis toe. Wonder of dit van gemmerbrood gemaak is? Wonder of daar ‘n groot koolstoof is waarin mense gebraai kan word? Ek raak te oud vir hierdie avonture.
LikeLiked by 1 person
Ek is ook heeltemal te oud hiervoor.
LikeLiked by 1 person
🤣🤣🤣julle laat my lekker lag vir hierdie storie. Die kommentaar net so….
Nogals stap ek voor met doom. Ek dink ek hou minder van doom as spinnekoppe. Perdebytjie moet nou net nader staan dan sort ons die spinnekoppe gou gou uit
LikeLiked by 2 people
Al ons hoop is op Perdebytjie. 😂
LikeLike
Toemaar, ek sal langs jou loop met my fakkel dan kombineer ons die doom en vuur. Dit behoort die Spinnies effe te laat skrik.
LikeLiked by 1 person
Jy Toorts weet nie veel van hierdie avontuur nie… daarvoor is jy te gestook. 😁😁😁 Dis ‘n wonder jy kry nie nagmerries nie.
LikeLiked by 1 person
Ek kry! 😳 Al manier om hierdie ‘avontuur’ te oorleef… wel ja.
LikeLiked by 1 person
Ons is op pad Una, Vuurvliegie gaan sukkel om ons stil te hou.
Moenie vir Perdebytjie sê nie, maar ek het regte Doom, myne is nie die water wat sy in die ander blikke gesit het nie
LikeLiked by 1 person
Ek reken op jou!
LikeLike
Genade, dis wat ek vra! Nou moet ek en Trommel die spinne knip! Christa moet vir Kosie hierna toe stuur sodat hy kan vashou terwyl ek Trommeltjie opereer. Dan moet ons nog oppas dat die bolletjies nie op ons land nie. Toortsie jy het darem wraggies vinnig na my jou deel geskryf! Jul moet onthou ek is n dag voor julle so ek kry die pos eers n dag later! Ek hoop ook dat daardie vriend met sy wiblits n geldige lesensie het want daardie tags wat jul drink ruik darem pure alkohol! Blaas jou asem in daardie spinnekop se gesig en hy sal dit nie oorleef nie.
LikeLiked by 1 person
Dit moet lees ek EN Trommel. e nie tags nie maar n todd/sopie
LikeLiked by 1 person
🤪
LikeLike
Ek praat nie uit oor my vriende nie. 😂
LikeLike
Haha, mooi man.
LikeLiked by 1 person
Ek vermoed hier kom groot 💩
LikeLiked by 1 person
Ek dink dit is reeds hier!
LikeLike
Goed geskryf Toortsie! Ek sien al hoe word die spinnekoppe geopereer! Hoort vir baie pret te sorg.
LikeLiked by 1 person
Storie haak al weer uit in eg Towerinstyl. 😁
LikeLike