Kos

Ek is mal oor kos. Oor eet. Kos is vir my lekker. Ek geniet dit om kos te maak. Nie spesiale kos nie, sommer net gewone boerekos. Huiskos. Kos wat maklik is om te maak. Vinnig en maklik en gesond daarby. Baie keer is ek lui, dan braai manlief, want hy hou daarvan. Sommer net tjops en wors of sosaties. Niks vreemde goed soos braaipaai nie. Gewone braaivleis. Want dis vir ons lekker. Want ons hou daarvan. Ons hou van eet. Ons is goed daarmee.

Natuurlik is alles Bantingvriendelik. Lchf. Keto. Paleo. Gesond, ryk en lekker.

Toortsie

12 thoughts on “Kos

  1. Ek is naïef. Het op Twitter gelees van braaipaai maar weet nie wat dit is nie.

    Het gisteraand in minder as 90min my eerste baksel growwe beskuit gebak.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!