Ek is mal oor kos. Oor eet. Kos is vir my lekker. Ek geniet dit om kos te maak. Nie spesiale kos nie, sommer net gewone boerekos. Huiskos. Kos wat maklik is om te maak. Vinnig en maklik en gesond daarby. Baie keer is ek lui, dan braai manlief, want hy hou daarvan. Sommer net tjops en wors of sosaties. Niks vreemde goed soos braaipaai nie. Gewone braaivleis. Want dis vir ons lekker. Want ons hou daarvan. Ons hou van eet. Ons is goed daarmee.






Natuurlik is alles Bantingvriendelik. Lchf. Keto. Paleo. Gesond, ryk en lekker.
Toortsie
Ek is naïef. Het op Twitter gelees van braaipaai maar weet nie wat dit is nie.
Het gisteraand in minder as 90min my eerste baksel growwe beskuit gebak.
LikeLiked by 1 person
Ek ken dit ook nie, dit lyk baie broderig.
LikeLike
Ek sal waarskynlik nie daarvan hou nie. Braai eerder ‘n snoek wat drup in sy eie vet. Murgsag. En maak more smoorsnoek ingeval daar oorskiet is.
LikeLiked by 1 person
Dit klink vir my doodreg 😁
LikeLiked by 1 person
Lyk alles heerlik.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
My mond water! 🤤
LikeLiked by 1 person
Onthou nou nog daardie lieflike ontbytfees wat jy vir ons voorgesit het!
LikeLiked by 1 person
Ja, ek voel skuldig. Ek het nog nooit eeer jou vriendin opgesoek nie en ek het jou belowe.
LikeLiked by 1 person
Toemaar wat, op haar beurt was sy ook van plan om by jou uit te kom en dit het nie gebeur nie. Soos my mammie sou gese het: die lewe het oorgeneem.
LikeLiked by 1 person
Mooi foto’s. Ek kan net kyk, anders is ek die hele tyd in die klein vertrek …
LikeLiked by 1 person
Ja, ek besef dit. 😁
LikeLiked by 1 person