Ek lees in die boek, Skitter deur Priscilla Shirer, haar storie oor hare wat my so baie aan my eie laat dink. Priscilla is ‘n Afro-Amerikaanse meisie met geweldige sterk en krullerige hare. As kind het sy haar krulhare gehaat. Nes ek. Sy het probeer om haar hare te laat reguit maak, met meer sukses as ek. Sy het probeer om haar hare in toom te hou, nes ek. Ander mense het gedink hulle weet beter as sy hoe om haar hare te beheer, nes ek.

Totdat haar hare begin uitval het van al die chemiese behandelings wat sy daarop gesit het. Totdat haar gesondheid begin agteruitgaan het. Totdat sy ‘n dokter besoek het.
Sy het besef dat sy ‘n keuse moes maak: Of lang, dun, gladde hare hê, haar gesondheid in gevaar bring, al haar hare verloor, of teen almal se opmerkings en raad gaan, teen die mode gaan en haar natuurlike krullerige hare te laat uitgroei. Die hare soos wat God besluit het dit moet wees. Soos God haar gemaak het.
Genadiglik het sy ook ‘n effens rebelse streep gehad en het sy die gesonder, maar uiters ongewilde, besluit geneem en haar hare laat uitgroei, teen almal, behalwe die dokter, se raad in.
Haar hare het gesonder geraak. Met tyd, toewyding en geduld het sy weer haar ou, gesonde haredos teruggekry. Sy het haar hare aanvaar soos wat dit was. In die proses het sy baie meer gekry as net ‘n bos hare. Sy het haar individualiteit begin koester. Sy het haarself begin liefhê vir wie sy werklik is, vir wie God haar gemaak het.
Selfs méér het begin gebeur. Dit het begin oorspoel na haar vriendekring. Ander het by haar raad en bemoediging begin soek.
Skitter is ‘n wonderlike boek oor ons identiteit in God, gemik op tienermeisies en jong vroue, maar selfs ek as ouer vrou in my laat vyftigs, geniet hierdie boek geweldig baie. Sy skryf in ‘n lekker trant op’n manier waarmee enige vrou sal assosieer.
Toortsie
Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.
KLink weer na n goeie leesboek. Ek het weer alles probeer om my hare digger en meer te maak. Waarom n mens nie tevrede kan wees met dit wat n mens het sal mens nooit verstaan nie. Ek dink egter dat vriende en ander mense se menings n groot rol speel.
LikeLiked by 1 person
Dit speel regtig ‘n groot rol.
LikeLiked by 1 person
Dis ook in Engels beskikbaar. Due Afrikaans is uitstekend.
LikeLike
Sou hom graag in Afrikaans wou lees maar lyk my die lyn na my kindle wil nie werk nie. Engelse een het ek betaal en steeds niks gekry nie. Somme dik vir die klom .
LikeLiked by 1 person
Ja regtig! Ek sou ook kwaad wees.
LikeLiked by 1 person
Ek het een keer ‘n hardebandboek by hulle bestel wat nooit opgedaag het nie. Ek moet dit ‘n bietjie soek en rapporteer.
LikeLike
Probleem met hul hardebandboeke is dat dit van ander lande af gestuur moet word. Ek gaan soek eers by Book depository en bestel dit dan daar. Ons het hier ook Fishpond wat meer hier by ons is. Nou gee jy my n idee! Gaan hom by Book depository kyk.
LikeLiked by 1 person
Ja maar jy moet vir Amazon hiervan laat weet.
LikeLike
Ding is daar is nêrens n plek wat ek kon vind waar ek kon navraag doen of kla nie. Met my seun gepraat hy dink my Lynkontak is dalk af. Nou gaan ek nog verder ondersoek instel!
LikeLiked by 1 person
Ja, dalk is die wifi van jou kindle af?
LikeLike