Al die seëninge

Wat is die lekkerste lekker vir ‘n boere-oumahart? Moet ek eers op die boere konsentreer of op die ouma?

Kom ek stel dit so: Om in die nag wakker te word en dit reën lekker op die dak, en jou kleinkinders wat knus op hulle matrassies op die vloer by jou in die kamer slaap.

Seëning op seëning. Ons God is groot.

Dis ons reënseisoen en in die Overberg en die Klein Karoo het ons sommer nog baie reën nodig. Op ons Ladismithgronde het dit vier jaar laas behoorlik gereën en lyk lusernlande wat veronderstel is om onder besproeiing te wees, soos woestyn. Pikswart. Maar ons vertrou dat God ook dáár uitkoms sal gee. Dit reën nie nou daar nie. Ons bly vertrou.

Intussen het dit vannag tog te lekker gereën op Riversdal. Prys die Here!

Toortsie

15 thoughts on “Al die seëninge

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord