Wat is die lekkerste lekker vir ‘n boere-oumahart? Moet ek eers op die boere konsentreer of op die ouma?
Kom ek stel dit so: Om in die nag wakker te word en dit reën lekker op die dak, en jou kleinkinders wat knus op hulle matrassies op die vloer by jou in die kamer slaap.
Seëning op seëning. Ons God is groot.
Dis ons reënseisoen en in die Overberg en die Klein Karoo het ons sommer nog baie reën nodig. Op ons Ladismithgronde het dit vier jaar laas behoorlik gereën en lyk lusernlande wat veronderstel is om onder besproeiing te wees, soos woestyn. Pikswart. Maar ons vertrou dat God ook dáár uitkoms sal gee. Dit reën nie nou daar nie. Ons bly vertrou.
Intussen het dit vannag tog te lekker gereën op Riversdal. Prys die Here!
Toortsie
Prys die Here
LikeLiked by 1 person
Amen
LikeLike
Ag dis so wonderlik dat hulle weer lekker by kille kan kuier
LikeLiked by 1 person
Ons geniet elke oomblik.
LikeLike
Geniet dit baie, ek mis baie baie uit
LikeLike
O ek dink regtig baie aan jou. Sterkte. Ons hoop dis binnekort dat jy kan kom kuier.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, ek is moedeloos met die mal regerings.
LikeLiked by 1 person
Ja regtig. Ek dra net ‘n masker omdat ek moet en wkander mense wat paranoïes is, respekteer. Intussen voed ons die draak. Dis hoe ek voel.
LikeLiked by 1 person
Ons doen.
LikeLiked by 1 person
Skryf jy nog op jou blog? Mis ek jou blogs?
LikeLiked by 1 person
Ek kry min tyd …
LikeLike
Ek is nou aan die lees by jou so tussen die huiswerkies deur. Ek geniet die lipstiffie een.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, ek was goed vies vir die vrou. Ek vra nie waarom sy nie dra nie, dit is mos haar keuse. Ek sou wel as ek sy was …
LikeLiked by 1 person
Ek glo julle het mekaar opgekuier!
LikeLiked by 1 person
Ampertjies 😊
LikeLiked by 1 person