Verskillend

Ons reageer almal verskillend. Wat een mens bly maak, maak dalk ‘n ander ou kwaad. Ons persoonlikhede verskil. Ons omstandighede verskil.

Vanoggend het ons munisipaliteit die President se verklaring op hulle Faceboekblad gesit van die kerke, moskees, sinagoges en ander plekke van aanbidding wat nou oopgestel word, mits hulle minder as 50 mense op ‘n slag bedien. My hart juig. Ons luister wel elke Sondag die diens wat ons gemeente uitstuur en hierdie week elke aand die pinksterdiens wat so besielend is. Julle kan gerus Bredasdorp gemeente op youtube gaan soek.

Maar ek mis my geloofsgemeenskap. Ek mis die sameloms van gelowiges. Die bekende gesigte. Hulle wat Sondag vir Sondag rondom ons sit. Hulle wat vir jou vriendelik glimlag. Ek mis hulle. Ek mis ons bybelstudiegroep en die saamgesels om die Woord.

Intussen kry kerke ook in hierdie tyd finansieel swaar. Die kollektebord word nie omgestuur nie en hulle het steeds kostes. Veral in hierdie tyd waar kerke regtig uitreik na die mense in nood. Hulle predikante en ander personeel werk oortyd om mense wat veral ook emosioneel swaarkry, by te staan.

Ek reageer op die faceboekplasing en sê dankie dat die kerke oopgestel is, waarop ek ‘n gruwelike skrobbering kry. Die persoon voel hulle kon eerder haarkappers oopgestel het en kerke toegelos het, want ‘n mens kan kerkuitsendings op die internet kyk.

My hart pyn vir elke besigheid, klein of groot, wat steeds toe is. Ek huil vir elke mens wat nog nie weer ‘n inkomste kan verdien as gevolg van die inperking nie. ‘n Koue hand hou my hart vas vir elke persoon, elke kind of volwassene, wat saans honger gaan slaap. Ek dra by tot sopkombuise en noodspense, maar ek is net nie in staat om almal in ons dorp te voed nie. Na my mening is élke besigheid essensieel, want vir daardie persoon wat dit bedryf, ís dit essensieel en as dit nie ‘n essensiele besigheid was nie, as hy nie bestaansreg gehad het nie, sou hy nie bestaan het nie.

Om bly te wees oor kerke wat oopmaak, beteken nie ek wou dit hê ten koste van enige iemand anders nie. Maar ek is dankbaar, DANKBAAR, vir ELKE deur wat oopgaan. Uit my hart uit dankbaar en dit maak my nie die vyand nie. Die vyand is die duiwel wat mense aanmoedig om misplaasde mag te misbruik, wat mense se gedagtes besoedel en hulle dan nie omgee vir ander wat swaarkry nie.

Ek kan my nie vir een oomblik indink hoe verskriklik swaar sommige mense in ons land kry nie, maar ek het besluit om na die beste van my vermoë te probeer om nie kwaad te word nie, want dan gee ek ‘n onbeheersde, van-die-pad-af-beheervraat nog meer mag.

Ek gun elkeen sy eie gevoel of reaksie op die inperking en besluite wat geneem word. Ek is dankbaar dat ons boerderybesigheid kon voortgaan. Mag ons maar daarteen waak om nie ‘n vyand te soek in elke persoon wat effens anders as ons dink nie.

Groetnis

Toortsie

23 thoughts on “Verskillend

  1. There are a lot of holier-than-thou self-righteous people who allow their feelings to bubble to the surface because their own immediate needs are not being met. We have given up trying to fathom the logic of the rules we are currently buckling under and simply need to do our best under the circumstances. Yes, I fully agree with your sentiments: we will hold our heads up high, try to behave in the best possible manner and keep hoping that in the end common sense will prevail.

    Liked by 1 person

    1. I can understand that the situation can be really bad for some families and that they struggle. I don’t judge them because I am not in their bad situation. As you say, trying to understand the logic of the rules is an impossible task. I wish you very well.

      Liked by 1 person

  2. As ek maar net geloof en Christenskap in die kerk gevind het. By die laaste 29 gemeentes waar ek was, was dit gewoon afwesig. Daar is baie gepraat daaroor maar geloof, soos lifede, het net in naam bestaan. Soveel medegelowiges is deeglik bewus van my situasie maar dit was mense wat nooit kerk toe gaan nie wat ons ingeneem het toe ons onwettig tydens inperking 7 daze kennis gegee is, dis iemand wat nie eens haarself met ‘n bepaalde geloof identifiseer nie, wat vanoggend vir my R500 ewallet gestuur het, mense wat ek nooit ontmoet het nie. Waar is die Christene, wat nie hulle Bybel ken of uitleef nie, in sulke tye? Weet hule ooit wat die Bybel juis hieroor leer? Stellig nie. Ek kom sedert 2007 beter oor die weg op my eie en het ‘n nou verhouding met Jesus. Die kerk is nie Jesus nie.

    Liked by 1 person

    1. Ek is jammer oor jou slegte ervaring. Ek weet egter dat ons predikante baie hard werk en betrokke is by baie uitreike in ons gemeenskap, maar ook buite ons dorp. Veral nou in hierdie inperkingstyd.

      Liked by 1 person

  3. Die kerk is maar n puntjie wat baie mense met minagting laat. Hoekom? Hier het ons in fase twee wel in borrels van tien kon saamkom. Een welbekende kerk het net besluit hy maak kerk oop en het dit ook gedoen. Dit was moedsswilligheid want hy stel nie die lidmate se gesondheid voorop nie. Wel die inkomste wat hy daaruit kry. Hy is toe beboet. Hy het genoeg geld van sy eie om dit te betaal omdat hy gierig is. Askies dat ek gal braak hier. Waarom is een besigheid belangriker as n amder een soos jy sê. Almal kry swaar. Die aanlyn dienste is pragtig. Dit sal weer normaler gaan met tyd. Die 50 mense per byeenkoms wys al dat daar roering in is. Hier mag ons van Vrydagmiddag 100 mense in groep bymekaar kom, steeds met spasies tussenin. Net omdat daar vir 5 dae geen positiewe mense was kon dit oper gestel word. Ek juig saam met julle dat daar geleentheid is om saam te kan kom.

    Like

      1. Dis waar. Ek hoor Tina sê hul sou glo die inwoners toets. Het toe nie gebeur nie. Net gevra of hul siek voel, wat gladnie goed is nie. Een positiewe persoon kan 90 ander aansteek sonder dat hul dit besef. Dis waarom die toetse so belangrik is om vroegtydig te weet wat aangaan. Dis ons behoud dat hul so streng is met toetsing.

        Liked by 1 person

  4. Ai Toortsie ek stem so saam. En ja, as elke deur toe is, moes die kerk oopgebly het. Daar kry mense hoop wanneer hulle wil begin wanhoop. Op die TV is nie diselfde as om saam met ander om God se woord te vergader nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!