Die arme rooi

Ek hoor nou die dag op die radio dat as jy vir ‘n werksonderhoud gaan, jy tog nie rooi moet aantrek nie, want jy wil nie aggressief voorkom of onnodig aggressie veroorsaak nie. Genade! Asof jy nou ‘n bul in ‘n bulgeveg benader met ‘n rooi doek. Maar dalk is dit juis dit! ‘n Werksonderhoud kan seker soos ‘n bulgeveg voel en dan is die rooi seker gevaarlik, maar rooi is dan juis die kleur wat my moed gee as ek bang voel.

Ook moet ‘n mens nie eintlik rooi in ‘n slaapkamer gebruik nie, eerder ‘n ligte blou. Want rooi sal nou kwansuis maak dat jy nie so rustig slaap soos jy behoort te slaap nie. Al wat ek weet, vir baie jare het ek rooi beddegoed en rooi gordyne in my slaapkamer gehad. Dit was my beste slaapjare ooit.

In die ou dae was daar mos ‘n storie aan rooi skoene. . Nou wonder ek wat hulle oor my te sê sal hê as julle in my skoenelaai loer? Nou ja, dit is plat hakke met ‘n strikkie op die tone. Nogal lekker skoene, moet ek sê, maar ek verlang steeds na daardie pragtige paar rooi skoene wat ek gehad het met die blom op die tone. So jammer die skoenwinkel hou hulle nie meer aan nie.

Maar van rooi doeke en bulle en wilde diere gepraat. Ek dink nie ons moet ‘n rooi doek gebruik wanneer ons ons seekoeitjie en olifantjie gaan haal nie, dit kan hulle dalk net ontstel. Ek en Seegogga wil mos so iets organiseer vir ons dorp. ‘n Seekoeitjie in ons dorpsdam en ‘n olifant in die bloekombos langs die dam. Maar tannie Frannie is ‘n bietjie ontsteld hieroor, ek verstaan nie hoekom nie? Sy is bekommerd oor ons planne, sê sy. Wat sy nie weet nie, is dat ons mense ken wat mense ken wat mense ken, jy weet. Dit behoort glad nie moeilik te wees nie. Una kon dan al ‘n seekoei organiseer vir Hartebeespoortdam, hoekom kan ons nie ook nie?

Toortsie

37 thoughts on “Die arme rooi

  1. Daar is miniatuur seekoeitjies, Toorts, hulle is dalk die antwoord. Ek bly egter onseker oor jul olifant, jong. Selfs die kleiner Asiese soort gaan oral uitstaan veral as jy nou met ń rooi lint of twee wil peuter.🙄

    Liked by 1 person

  2. Rooi gee my ook moed! Die dat my lippe elke dag rooi is.

    Ek sal help om die Seekoei en Olifant te smokkel. Wat van ‘n sirkus en dan vergeet ons net om die Olifant en Seekoei terug te gee? 🤔

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s