Ek hoor nou die dag op die radio dat as jy vir ‘n werksonderhoud gaan, jy tog nie rooi moet aantrek nie, want jy wil nie aggressief voorkom of onnodig aggressie veroorsaak nie. Genade! Asof jy nou ‘n bul in ‘n bulgeveg benader met ‘n rooi doek. Maar dalk is dit juis dit! ‘n Werksonderhoud kan seker soos ‘n bulgeveg voel en dan is die rooi seker gevaarlik, maar rooi is dan juis die kleur wat my moed gee as ek bang voel.
Ook moet ‘n mens nie eintlik rooi in ‘n slaapkamer gebruik nie, eerder ‘n ligte blou. Want rooi sal nou kwansuis maak dat jy nie so rustig slaap soos jy behoort te slaap nie. Al wat ek weet, vir baie jare het ek rooi beddegoed en rooi gordyne in my slaapkamer gehad. Dit was my beste slaapjare ooit.
In die ou dae was daar mos ‘n storie aan rooi skoene. . Nou wonder ek wat hulle oor my te sê sal hê as julle in my skoenelaai loer? Nou ja, dit is plat hakke met ‘n strikkie op die tone. Nogal lekker skoene, moet ek sê, maar ek verlang steeds na daardie pragtige paar rooi skoene wat ek gehad het met die blom op die tone. So jammer die skoenwinkel hou hulle nie meer aan nie.
Maar van rooi doeke en bulle en wilde diere gepraat. Ek dink nie ons moet ‘n rooi doek gebruik wanneer ons ons seekoeitjie en olifantjie gaan haal nie, dit kan hulle dalk net ontstel. Ek en Seegogga wil mos so iets organiseer vir ons dorp. ‘n Seekoeitjie in ons dorpsdam en ‘n olifant in die bloekombos langs die dam. Maar tannie Frannie is ‘n bietjie ontsteld hieroor, ek verstaan nie hoekom nie? Sy is bekommerd oor ons planne, sê sy. Wat sy nie weet nie, is dat ons mense ken wat mense ken wat mense ken, jy weet. Dit behoort glad nie moeilik te wees nie. Una kon dan al ‘n seekoei organiseer vir Hartebeespoortdam, hoekom kan ons nie ook nie?
Toortsie
Daar is miniatuur seekoeitjies, Toorts, hulle is dalk die antwoord. Ek bly egter onseker oor jul olifant, jong. Selfs die kleiner Asiese soort gaan oral uitstaan veral as jy nou met ń rooi lint of twee wil peuter.🙄
LikeLiked by 1 person
Ai man, wat sê jy dan nou?
LikeLiked by 1 person
Dat jul dam dalk te klein is??? Jammer man, maar nou is dit nog droog ook?☺Wat liewer van ñ volstruis, Toorts?
LikeLiked by 2 people
Ai man!
LikeLike
Volstruise is algemeen hier. Maar ‘n seekoei … en ‘n olifant …
LikeLike
Ai Una, ek is so dankbaar dat jy ook ons maters tot verstandigheid maan…
LikeLiked by 1 person
Nee! Ek hou nie hiervan nie! 🥺🕶🔦
LikeLiked by 1 person
😀
LikeLike
Hi Toortsie ek wil graag die blog lees hoe jy die virus beveg. Waar kry ek n wagwoord😊
LikeLike
Ek e-pos dit vir jou.
LikeLike
Ja jong die olifant ding is dalk te groot vir die omgewing. Dalk kan jul hom rooi jassie aantrek sodat almal dink dis n pragtige rooi roos.
LikeLiked by 1 person
Uitstekende plan! Ek begin dadelik hekel. ‘n Rooi olifanttruitjie. 😁
LikeLike
Mooi man. Ek het ook heelwat rooi wol waarmee ek begin brei het en nooit voltooi het nie. Sal genoeg vir die helfte van een ollie hê.
LikeLiked by 1 person
As jy solank ‘n paar lappies kan brei sal dit baie help. Ons kan dit op die ou end aanmekaar las.
LikeLike
Dis wat ek bedoel het. Wat nou van as ons al die Towerinne aan die brei en hekel kry dan kan ons nog n tweede olifantjie kry.
LikeLiked by 1 person
Jaaaaa! 👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻💃
LikeLiked by 1 person
Scrapy, maar sie-jy haar nog gaan staan en aanhits!
LikeLiked by 1 person
Oeps Scrapy, die tannie raak nou kwaai. 🤓
LikeLiked by 1 person
Bwhahahaaa (wie’s jou “tannie”? Jy kan bly wees daar was nie ‘n “ou” vooraan nie 😀 )
LikeLiked by 1 person
Natuurlik nie! Ons het mos darem respekte vir mekaar hier rond. 😊😍
LikeLiked by 1 person
Humph – bly om te hoor…
LikeLike
Ons is darem so lief vir onse tannie. ❤️
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLike
Hoe dan anders Frannie? Dis mos hoe dit werk.
LikeLiked by 2 people
👏🏻👏🏻
LikeLiked by 1 person
Hierdie kan ‘n ding word wat ‘n ding kan word….
LikeLiked by 1 person
Praat jy! 😀
LikeLike
Rooi gee my ook moed! Die dat my lippe elke dag rooi is.
Ek sal help om die Seekoei en Olifant te smokkel. Wat van ‘n sirkus en dan vergeet ons net om die Olifant en Seekoei terug te gee? 🤔
LikeLiked by 2 people
Rebusfontein se sirkus! Dis ‘n plan!! Dankie Sonell! 😀🥂
LikeLiked by 1 person
Jaaaa! 🐘🦛
LikeLiked by 1 person
Kan maar net my kop skud oor al hierdie aanhitsing…
LikeLiked by 2 people
🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Ek strm saam, hoekom nie julle ook nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie Christa, hoe bly maak jy my nou!
LikeLiked by 1 person
Christa, jy is dan veronderstel om die redelike stem onder ons te wees…
LikeLiked by 2 people
Oeps Christa 🤓
LikeLiked by 1 person
Ag oulik, dankie, Frannie, laat ek weer probeer.
LikeLiked by 2 people
Rooi! Ek luvit. En waar kry jy nou n ding soos n redelike towerin?
LikeLiked by 1 person
Verstaan jy? 😁😁😁👏🏻👏🏻👏🏻 jy ís mos my tweeling.
LikeLiked by 1 person
Netso!
LikeLiked by 1 person