Wie God sê jy is

Ek is steeds besig met die boek, Identiteit – Wie God sê jy is en wil elke woord indrink. Enige mens kan baat vind by hierdie boek: Of jy soekend is na ‘n God, of dalk het jy Hom reeds gevind en wil meer leer. Selfs die diepste gelowige sal baat vind by hierdie boek. Hy skryf so mooi oor elke aspek van die geloofslewe.

Die eerste deel van die boek gaan oor die mens in die algemeen. Dat jy gemaak is na God se beeld. Maar, soos Frits, ‘n karakter na wie verwys word, maak ons soms ons eie dom keuses en wil dan vir God blameer as dinge nie so lekker uitwerk nie.

Hy skryf dat ons wonderlik gemaak is. Dat Hy ons liefhet, ons seën en verlos. En dán skryf hy wat ons in Christus ontvang. Ons erfdeel.

Vanoggend se hoofstuk se opskrif was: ‘Jy is God se woonplek en Hy bewaar jou.’ Dat Maria Jesus in haar liggaam gedra het, gevoel het. En dat ons, as ons in Jesus Christus glo, Hy ook in ons hart kom woon. Dat jy in verwondering kan staan oor die grootheid daarvan. Dat Hy jou as waardig genoeg beskou om in jou te woon. Nie net in jou nie, maar in elkeen wat in Hom glo, die hele kerk van Christus. Dat ons afsonderlik God se tempel is, maar gesamentlik die wêreldwye liggaam van Christus is. Dat dit jou deel maak van die aktiewe krag van die evangeliegenade en -waarheid.

Lees net hierdie slotparagraaf van hierdie hoofstuk: ‘God het ‘n woonplek in jou land, in jou stad of dorp, in jou straat, in jou huis en in jou hart gevind, en Hy het jou gekies en beskou jou as kosbaar omdat jy aan Hom behoort.’ Mooi, né?

Toortsie

Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s