Seegogga, en ander Towerinne, maan ons tot positiwiteit nadat ons almal die grendeltyd met opwinding en oorgawe aangepak het, maar die snaaksigheid nou oor is. Soos sy sê, is hier sommer nog baie dinge om oor bly en positief te wees. Ja, selfs moedersdag kan positief wees al verlang ons na ons kinders en kleinkinders en al kan ons nie ons ouers in die tehuis vir bejaardes besoek nie. Al het my ma my nie nou die dag herken toe ek haar in ongewone omstandighede op ‘n afstand gegroet het nie.
Moedersdag het in die week op ‘n spesiale manier begin toe my dogter vir my die lekkerste verrassingspakkie met allerhande prioriteitsgoedjies soos ‘n masker, servette, ‘n sepie, die lekkerste tee gestuur het en selfs ‘n tjoklit en masker vir die pa van die huis ook ingesluit het!

Is dit nie die mooiste masker nie? Ek het intussen geleer dat ek hom nie oor die ken ook moet trek nie, dan wasem my bril nie toe nie. So, voor hierdie jaar se moedersdag aanbreek, het ek gewoond geraak aan die masker en voel dit nie meer of my brein en bril ook gemasker is nie.
Die ouetehuis het ons genooi om betyds bederfies vir ons ouers te neem wat hulle sal ontsmet en sorg dat dit by hulle uitkom. Vanoggend ry ek gou om iets te gaan koop, wat toe nie so gou was nie.
Eers wou ek by Ackermans kyk vir lekker wintersnagklere vir haar, maar daar was ‘n ry voor die deur wat wag om in te gaan. Dan eerder gou vinnig Spar toe, waar ‘n nóg langer ry was! Die Checkersry staan toe al die hele sentrum vol, tot by Foshini.
Ek glip by Foshini in en besluit om ‘n paar stukkies klere vir haar te koop. Groot is die verrassing toe ek betaal en ‘n hele 25% afslag kry! Seegogga! 😁
By Clicks was daar ook nie ‘n ry nie en dáár kon ek darem ‘n paar bederfies kry, sommer vir myself ook, want hulle lekker Bantingbeskuitjies was ook op spesiale aanbieding. Dís nou ‘n lekker manier om jou moedersdag te begin!
Vanmiddag het ek my rugoefeninge gedoen, die eerste keer in die grendeltyd. My rug het só gesug van verligting. Ek besef nou eers dit was nie Covidsimptome wat ek gehad het nie, my lyf het net my aandag gesoek!
Môre gaan ons vis bestel vir middagete.
Wat meer wil ‘n moeder vir moedersdag hê, behalwe natuurlik haar kinders. Want ja, nou mis ek regtig my kinders. Daar is behoorlik ‘n berg tussen ons en hulle. ‘n Regte, egte berg, maar darem nie Tafelberg nie!
Wees positief!
Toortsie
Genier daardie vis takeaway! Ek weet hoe lekker dit is. Rn geniet moedersddag!
LikeLiked by 1 person
Dankie jy ook.
LikeLike
Ag ek is bly jy het die uitstappie geniet. Mooiste daggie vir jou 💐
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou ook.
LikeLike
Hoop jou dag was heerlik!
LikeLiked by 1 person
Dankie. ❤️
LikeLike
Eerder last as nooit. Bly jy het n past goedjies Vir jou ma gekry en jouself ook. Natuurlik daardie spesiale pakkie was n bonus. Dis n mooie masker. Ek het nog nie eenkeer winkels toe gegaan Vir 8 weke nie. Dit het nie enige Skade gedoen nie, maar ek mis dit.
LikeLiked by 1 person
Koop iemand vir jou jou benodigdhede?
LikeLike
Nee ek koop aanlyn en hul lewer dit vir my af. Dis n supermark waar ek gereeld koop so hul ken mens se behoeftes op die einde. Kry ook my vleis en groente afgelewer by n NZ firma of besigheid waar ek ook aal n paar jaar is.
LikeLiked by 1 person
Dit klink goed.
LikeLike
My seun het die heel eerste keer vir my gaan koop maar jong, dis maar n gedoente gewees met die ellelange rye wat wag en dan is daar steeds die moontlikheid dat die virus oorgedra kan word. Toe hul die reëling getref het om die aflewering vir bo sewentigs doen het ek maar dit eerder toe doen. My seun het genoeg aan sy eie inkopies wat hy moes doen om myne ook nog by te kry.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n goeie en veilige reëling.
LikeLike
So kom en gaan die spesiale dae. Vertrou jy het jou Moedersdag geniet!!!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Baie rustig gewees. My kinders het darem almal onthou! 🙈💃
LikeLiked by 1 person
‘n Regte luilekker dag gewees. Ek wens dit so met my hele hart vir jou ook toe.
LikeLiked by 1 person
Ag vriendin het ek nou lekker gelees
LikeLiked by 1 person
Dankie.
LikeLike