Iemand skryf baie ontsteld op Faceboek oor die onregverdigheid dat hondesalonne oop mag wees terwyl haarkapsters steeds toe moet bly vir nog baie lank.
Oor die hele situasie moet ek dalk nie te veel my opinie uitspreek nie, ek is in die bevoorregte posisie dat my kinders reeds van my hand af is en sou ek die virus opdoen en selfs sterf, ‘n hele gesin nie in sak en as behoort te sit nie. Vir my is die grootste vrees dat ek dalk iemand anders sal aansteek.
Maar ek sal bitter graag wil hê dat die ekonomie weer aan die gang moet kom, dat mense moet kan werk toe gaan en vir hulle gesinne sorg, want ek is bevrees dat hier meer mense gaan sterf as gevolg van honger as wat gaan sterf as gevolg van die gevreesde virus. En dít sê ek nie ligtelik nie.
En ja, die meeste van ons hoop nou al sekerlik dat die haarkapsters en skoonheidsalonne mag oopmaak. Hulle kan mos die stoel elke keer ontsmet voor ‘n nuwe kliënt gaan sit, maskers opsit en selfs elke keer ‘n paar skoon handskoene aantrek.
Maar terug by die ontstelde opmerking op Facebook, waarop ek dalk iets geantwoord het wat die skrywer kon omkrap. Ek noem toe dat, wanneer iemand haar hond na die hondesalon toe neem, sy dan sommer haar hare dáár moet laat mooimaak. Want ek en my man het sommer mekaar se hare geknip, julle wil nie weet nie! Gelukkig groei hare mos darem weer!
Dink net hoeveel nuwe haarstyle kan in hierdie tyd ontwikkel as almal nou maar eerder die hondesalon in plaas van die haarsalon moet besoek?
Jy kan mos kies soos watter brak jy wil lyk.







Nou toe, die keuse is legio. Daar is sommer nog baie om uit te kies! Ek is nou skoon opgewonde oor my nuwe haarstyl wat ek binnekort gaan hê, maar eers sal hulle moet groei, want tans het ek nie baie hare op my kop nie. Wag! Ek kan my hare soos ‘n rifrug maak: skoongeskeer aan die kante en net ‘n rif oor my kop! 🤣
Toortsie
Toortsie nou het ek lekker moes lag. Ek wou gister vra as watter hond gaan die dames inboek, maar daarteen besluit. Mens moet waar ydelheid ter sprake is, jou woorde tel. Ek moet sê nadat ek my hare bygedam het, lyk ek soos daardie fluffy romerige een. Die krulle kamoefleer die gate.
LikeLike
Ek het dit met jou in gedagte geskryf. Ai man, woorde moet seker maar getel word.
LikeLike
Dankie, jy het my lekker laat lag. Ek is nou verby die stadium dat ek omgee hoe my hare lyk, solank dit tog net skoon en welriekend is.
LikeLiked by 1 person
Sal hondesjampoe die ding doen?
LikeLiked by 1 person
Ek is altyd bereid om iets nuuts te beproef
LikeLiked by 1 person
Ek kies die poedel. Daar is houding betrokke, en die lyf is kaal so dit werk vir die gloede.
LikeLiked by 1 person
Ja wat, jy het houding en dan is jy mos nog outstanding ook!
LikeLike
😁😁😁
LikeLike
Hier is daar nie sprake van hondesalonne wat kan werk nie. Het jy nou regtig self Al jou hare verkort? Dit bly al’s maar n gedoente.
LikeLiked by 1 person
Ek en my man het. Eers het hy met ‘n snyertjie probeer, maar dié se asem het nie gehou nie. Toe het ek my vingers tussen my hare ingedruk, teen my kopvel en alles wat bokant my vingers uitgesteek het, het hy afgeknip.
LikeLike
Dis n goeie idee. Dis hoe hul dit mos maar doen in die salon ook. Vingergewys afsny.
LikeLiked by 1 person
Ja, maar tog anders. 😀
LikeLiked by 1 person
lekker gelag. Sal maar niks vra of se oor my baard nie.
LikeLiked by 1 person
So, watter een verkies jy? 😀
LikeLike
My paar haartjies gaan nie hier werk nie 😣
LikeLiked by 1 person
Mens kry mos sulke kaal hondjies ook. Wat is hulle name? Chuwhawa. Weet nie hoe om te spel nie.
LikeLiked by 1 person
Ek wil nie ‘n kaal hondjie wees nie!!! Ek wil ‘n bos krulle hê soos jy.
LikeLiked by 1 person
Dalk het hulle ‘extensions’ ook by die hondesalon?
LikeLiked by 1 person