Opgewonde roep my man my nou die dag, ek moet kom kyk! Hulle het die komposkis onder oopgemaak om van die kompos uit te skep. Ons komposkis kom nou al ‘n jaar en ‘n half aan. Aanvanklik het dit baie stadig gekomposteer. Ons het intussen geleer dat ons dit soms moet natmaak, dit help beslis. Hulle kon ‘n hele klompie kompos onder uitskep, tot takke wat nog nie genoeg gekomposteer het nie, hulle gestop het. Hierdie kompos is oral in die tuin by die boompies en groente gegooi.
Maar die rede vir die blydskap? Erdwurms natuurlik! Ek hét mos een keer geskryf oor erdwurms en dat dit ‘n hele ruk geneem het voor hier erdwurms begin werk het op ons erf. Kameel het nog verduidelik dat dit is omdat ons so ver van die dorp af gewoon het voorheen en die arme erdwurmpies nog al die pad moes boor van die plaas af tot hier by ons. Dit was ‘n blye oomblik toe ons die erdwurms ontdek het, want erdwurms maak grond beter. Maak selfs goeie grond beter. Hulle bring suurstof na die grond. Hulle bring lewe in grond. Hulle help dat die groente wat ons uit ons groentetuin pluk selfs nóg gesonder is. Hulle help dat ek wat die groente eet, ook gesonder is en voel.
Ek het ook al terloops van ons komposkis geskryf en daar het soveel oulike en insiggewende reaksie daaruit gekom. Ander bloggers het sommer van hulle komposhope ook vertel.
Op ‘n stadium het ons erdwurms uit die tuin gehaal en daar by die komposkis ingegooi. En dís wat my manlief so opgewonde gehad het. Daardie erdwurms wérk in daardie kis, hoor en hulle teel aan en raak meer. So kan julle dink, daardie kompos wat ons nou oral in die tuin gegooi het, het sommer baie erdwurms ook nog in. Ai, jai jai, dit gaan ‘n mooi besigheid word!


Toortsie
Hier noem hul so n house n “wurm plaas”. Hul het hul eie plaas wat hul in die kis bewerk. Dan het die houer gaatjies in waar die wurm piepie in opgehang word. Dit word sommer in plastiese bottles afgetap en aan mense uitgedeel om by hul plante te gooi. Baie goeie bemesting.
LikeLike
Ja ek weet van wurmplase. 😁 Ek het een oorweeg, maar ek dink ‘n mens moet die erdwurmtee daagliks aftap en met ons gependel is dit vir my moeilik. Ek twyfel of ons komposkis as wirmplaas sal kwalifiseer. Maar hy doen sy ding, hoor. 🥂
LikeLike
Was net interessant. Ek dink as ek eendag dalk weer buite op n grondjie bly sal ek bietjie by jou kom kers opsteek hoe jul die kas gemaak het. Sal graag wil weet hoe lyk die kas onder. Het dit n oopskuif bodem?
LikeLiked by 1 person
Dis 4 regop pale met houte wat rondom vasgekap is. Geen boom. Een van die dwarspale onder kan afgehaal word waaruit die kompos dan basies onder uitgeskep word.
LikeLike
Aha dit klink goed. Ek het n plastiese kompos houer. Hy is egter groot en mens moet hom oplig en dan die boonste wat nog nie reg is terug inskep op ander plek en dan die onderste verdeel. Die planke klink na n beter idee,
LikeLike
Die boonstes het egter nie afgesak toe ons uitskep onder nie, ek weet nie wat dit veroorsaak het nie, maar glo dit sal darem seker met tyd afsak.
LikeLike
Is die boonstes al behoorlik deur wurms verwerk? Hul maak dit mos heerlik los en moeserig.
LikeLiked by 1 person
Nee, dis nog in proses. Daar is baie boomtakke in wat dalk nou vassit en mos langer gaan neem om te verwerk.
LikeLiked by 1 person
As jy op die foto kyk, sal jy sien, die onderste plank is nou af. Dit word nou weer toegemaak totdat dit weer een of ander tyd oopgemaak moet word.
LikeLike
Dis hoekom ek gedink het dat hy op pote staan en die onderste deel n vloer het. Verstaan nou, dankie. Gaan dit beslis vir my seun vra om te maak sodra ons weer by mekaar kan uitkom.
LikeLike
Daardie onderste plank haak net op ‘n manier in.
LikeLike
Nou onthou ek van my vriendin se gewone komposhoop. Hul het drie vaste mure en dan voor planke wat inskuif om te keer dat die afval nie uitval nie. Hul het ook bv drie van die hokke langs mekaar elk met verskillende stadiums van ontwikkeling.
LikeLiked by 1 person
O ons gooi net bo-op.
LikeLike
Dis wat ek ook maar doen. My houer is egter amper vol en moet bietjie uitgegooi word. Hul beveel ook aan om n lagie grond so nou en dan oor te gooi, help wurms beter om te werk.
LikeLiked by 1 person
Dankie dis goeie raad
LikeLiked by 1 person
Wonderlik om saam met die natuur tuin te maak in plaas van teenstrydig daarmee met allerhande kunsmatige bemesting en gifstowwe.
LikeLiked by 1 person
Ongelukkig is ons maar verplig om steeds chemikalië te spuit. Die slakke en ander peste vreet ons op! Gelukkig gebruik ons darem regte mis en kompos. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek weet ni waarom ek mou skielik mie meer emails kry as jy publiseer nie. Moes nou weer ” follow” druk.
‘Mens kry ecovriendeluke slakpille by kwekery. Hulle is veilig vir voeltjies ens
LikeLiked by 1 person
Ek sal ‘n bietjie dat Kobus gaan hoor. Hier is baie eierdoppe ook in die kompos, ek hoop dat dit nou ‘n bietjie gaan help om die slakke weg te hou.
LikeLike
Dit help om plante te beskerm, maar die slakke( en klein duisendpootjies) verdwyn nie
LikeLiked by 1 person
Jy moet die kompos met ń graaf of ding van bo af hard na onder stammp, myne bly ook bo as ek onder kompos uithaal. Daarna stamp ek dit net weer af. Dit vergemaklik nogal die uithaal proses, omdat diy half bo vassteek. Ek het nou ń musipale komposter ook, hy werk net so goed..
LikeLiked by 1 person
Dankie.
LikeLike