Love comes softly – Janette Oke

Love comes softly is ‘n boek wat reeds in 1979 gepubliseer was, maar nou weer uitgegee is.

Dis ‘n pragtige storie van Marty en haar man, Clem, wat ‘n nuwe lewe wou begin op ‘n plaas in die Wilde Weste. ‘n Tragiese ongeluk laat haar alleen agter sommer nog met hulle aankoms daar.

Op haar man se begrafnis kry sy ‘n huweliksaanbod van ‘n wildvreemde man met ‘n klein dogtertjie.

In hierdie boek ervaar ek saam met Marty hoe sy haar pyn oor haar verlore man verwerk, hoe sy aanpas op die plaas, hoe sy en haar nuwe man mekaar begin leer ken, verstaan, krisisse verwerk en mekaar liefkry.

Ek leer ken ook vir Clark, ‘n saggeaarde Christenman met sy klein dogtertjie, Missy, wat net goeie bedoelings het, hardwerkend is en binne sy vermoë die beste vir sy gesin wil doen.

Dis ‘n boek waarmee ek kon assosieer. Ek verstaan van plaaslewe, van afhanklik wees van die natuur, van planne moet maak wanneer die krisis kom, van liefhê.

Ek het die boek baie geniet. Ek het nog nie voorheen een van Janette Oke se boeke gelees nie, maar sal beslis in die toekoms uitkyk vir nog van haar boeke.

Gaan lees gerus wat Seegogga oor hierdie selfde boek geskryf het.

Toortsie

Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

5 thoughts on “Love comes softly – Janette Oke

Gesels saam, asseblief!