Waar is die kommentare?

Blogmaats, WordPressers, ek kom nou op iets vreemds af. Ek kry nie al die kommentare wat julle lewer nie.

As ek in die App werk, wat ek gewoonlik doen op my foon, en ek kliek op ‘Notifications’, wys almal se kommentare NIE. Ek het dit agter gekom toe Christa gister op my Facebook reageer dat sy te veel geskryf het by my bloginskrywing en toe ek gaan kyk, was daar niks.

Met verdere ondersoek, nadat ek op die beheerpaneel self by kommentare kliek, sien ek toe sommer ‘n klomp kommentare wat ek gemis het. Wat nooit vir my gewys was nie. Dit het vanoggend weer gebeur met die laaste kommentaar wat iemand vir my gegee het.

Ek vind dit ook op my rekenaar as ek bo in die regterhoekie kliek op die klokkie, dat al die kommentare nie wys nie. Dit bekommer my, want hoeveel kommentare het ek dalk al gemis?

Sal dit net by my ‘n probleem wees, of is dit ‘n WordPress probleem? Ek hét al my foon doodgemaak en weer aangesit, maar die feit dat dit op my rekenaar ook gebeur, maak my bekommerd.

Ervaar julle dit ook?

Toortsie

14 thoughts on “Waar is die kommentare?

    1. Hello Theo. Baie dankie vir jou kommentaar. Ek het nou in die spam gekyk, maar daar lê nie kommentare van bloggers nie. Ek het sommer ‘n klomp van die spam afgevee ook. Jou kommentaar wat jy gegee het, wys ook nie by my notifications nie, slegs by die kommentare. Ek weet nie of ek vir WordPress moet laat weet nie?

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s