Een van die take wat ek vir myself uitgesit het vir die inperkingstyd, of grendeltyd, is om my NaNoWriMo2019 te redigeer sodat ek dit kan laat druk en klaarkry.

Maar ai, soos gewoonlik het ek mos heeltemal te veel dinge wat ek wil doen en kom ek nie by alles uit nie. Nou het ek die bul by die horings gepak en is dit nou lekker! Ek dink dit is goed dat dit ‘n bietjie gelê en ryp word het. Ek onthou nou nog weer nuwe dinge, maar dan kan ek weer nie onthou of ek dit nie dalk alreeds iewers geskryf het nie. Ek geniet dit regtig en ek dink dit lees lekker en gemaklik. Of die leser daarmee gaan saamstem, is natuurlik ‘n ander vraag.
Iets wat ek oor jare met my bloggery geleer het, is dat dit belangrik is dat ék dit wat ek skryf, moet geniet. As ek nie eers daarvan hou nie, hoe kan ek verwag dat iemand anders daarvan sal hou? Dieselfde met my kos wat ek maak. Ek kan mos nie resepteboeke skryf met kos in waarvan ek nie self hou nie. Daarom moet ek dit toets en nogmaals toets en verander totdat dit perfek is soos wat ek daarvan hou. Eers dán kan ek dit met vrymoedigheid vir iemand anders aanbied.
So, ek lees nou vir ‘n vale om dit klaar te kry en dan kan my proefleser dit lees sodat dit, sodra die inperking opgehef word, drukkers toe kan gaan. Ek kan dit natuurlik solank as ‘n e-boek uitgee, as ek net weet hóé! Dit is iets wat ek nog ernstig sal moet bestudeer. Intussen is my proefleser ernstig besig om maskers te maak. Sy bly in die hoofstraat in die Paarl en het nou vir haar ‘n maskerbesigheid ontwikkel wat skrik vir niks! Sy verkoop die maskers sommer oor die heining. 🙂
Mooi loop. Bly gesond.
Toortsie
Goed om te hoor dat jy NaNoWriMo takel en redigeer. Myne roep ook ernstig. Ongelukkig is ek nog besig met 2018 se Nano van my skooljare wat nog net by laerskool klaar is. hoërskool lê en roep my. Ek het verlede week begin om n kortverhaal uitdaging te doen wat oor twee weke strek. Dis vandag halfpad en my storie is soort van geskryf. Nou redigeer ek te heerlik want ek het n oulike boek met emosionele sinne om te gebruik.
LikeLiked by 2 people
Ek het verlede jaar vir ‘n kortverhaalkursus ingeskryf. Weet nie wanneer ek weer daarby gaan kom nie , want ek dink Toortsie 3 moet nou ook aandag kry
LikeLike
Ja jong, dis ook maar goed so. Mens kan altyd weer terggaan na waar jy opgehou het. Ek het ook n aanlyn kursus oor kortverhaal skryf begin. Dit het my nogal die moed gegee om te probeer. Goed om te hoor van Toortsie 3.
LikeLiked by 1 person
“Iets wat ek oor jare met my bloggery geleer het, is dat dit belangrik is dat ék dit wat ek skryf, moet geniet.” Dis nou wyse en waar woorde, sterkte, bly jy geniet dit nou.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
Sterkte met die redigering. 💗
Gewoonlik maak dit my mal, want ek moet so konsentreer dat ek nie weer verlore raak in die storie nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Toorts…ek het kontakte vir die hulp met die e-boek…gaan hulle biki opsoek
LikeLike
Dankie. Ek moet eintlik net Amazon oplees.
LikeLike
Ek sien uit.
LikeLike
hi, my boek lyk vir my is nou by die drukkers. Ek moet bietjie die buiteblad op my blog sit.
LikeLiked by 1 person
Geluk! Ja, sit hom asb op. Ek moet mou ook aan die gang kom as die drukkers nou weer mag werk.
LikeLike