Te groot

In my jongdae het ek baie truie gebrei. Ek het ‘n patroon gekoop, die wol, die trui volgens mates gebrei en whala!, dit pas. Dit werk nie meer so nie.

Twee jaar gelede het ek vir my seun ‘n trui gebrei. Sy mates geneem. ‘n Goeie patroon gebruik. Hy verdrink in die trui. Toevallig kom die buurman hier verby en net daar erf hy ‘n trui! ‘n Trui wat met goeie wol gebrei is.

Ek het sleggevoel omdat die trui nie vir my kind gepas het nie, hy het sleggevoel omdat ek so lank gebrei het daaraan en nou pas dit nie.

Toe koop ek ‘n patroonboek met manstruie, neem weer mates en brei volgens die patroon. Hierdie keer vir my skoonseun. Die wol was heeltemal te min aangedui. Daar was ook ‘n fout in die patroonsteek. Uiteindelik is die trui klaar en weer eens verdrink die persoon daarin.

Iemand gaan die trui dra, dis nie heeltemal verlore nie, maar dis nogal regtig ‘n teleurstelling as jy duur betaal vir die wol, amper ‘n jaar daaraan brei en dit pas nie vir die persoon nie.

Die uiteinde? My mense moet nou maar truie in die winkel koop. Tog, wie weet? Dalk kry ek weer eendag lus vir ‘n trui?

Toortsie

7 thoughts on “Te groot

  1. Ja jong ek weet hoe dit voel as dit nie pas nie. Ek het n Groot fris man gehad met arms wat omtrent nie ophou nie. Selfde met my seun. Gelukkig was hy darem skraal. Net daardie moulengte en lyflengte was elle lank. Laaste truie wat ek gebrei het was in 2000 toe seun Pta toe is vir studies. Dink jy het het die truie gebruik? Nie regtig nie. Ai, dis maar n ding met die breiery. Veral omdat sulke groot truie so baie tyd vat om te brei.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s