In my jongdae het ek baie truie gebrei. Ek het ‘n patroon gekoop, die wol, die trui volgens mates gebrei en whala!, dit pas. Dit werk nie meer so nie.
Twee jaar gelede het ek vir my seun ‘n trui gebrei. Sy mates geneem. ‘n Goeie patroon gebruik. Hy verdrink in die trui. Toevallig kom die buurman hier verby en net daar erf hy ‘n trui! ‘n Trui wat met goeie wol gebrei is.

Ek het sleggevoel omdat die trui nie vir my kind gepas het nie, hy het sleggevoel omdat ek so lank gebrei het daaraan en nou pas dit nie.
Toe koop ek ‘n patroonboek met manstruie, neem weer mates en brei volgens die patroon. Hierdie keer vir my skoonseun. Die wol was heeltemal te min aangedui. Daar was ook ‘n fout in die patroonsteek. Uiteindelik is die trui klaar en weer eens verdrink die persoon daarin.

Iemand gaan die trui dra, dis nie heeltemal verlore nie, maar dis nogal regtig ‘n teleurstelling as jy duur betaal vir die wol, amper ‘n jaar daaraan brei en dit pas nie vir die persoon nie.
Die uiteinde? My mense moet nou maar truie in die winkel koop. Tog, wie weet? Dalk kry ek weer eendag lus vir ‘n trui?
Toortsie
Iemand gaan baie gelukkig voel – seker soos jou buurman was – om daardie mooi trui te dra. Handgebreide truie is warmer en meer gemaklik as truie wat ons in die winkel koop.
LikeLiked by 1 person
Ja, dis ‘n vrou vir wie ek baie lief is wat die trui gewen het. Dis ook met uitstekende kwaliteit wol gebrei.
LikeLiked by 1 person
Ja jong ek weet hoe dit voel as dit nie pas nie. Ek het n Groot fris man gehad met arms wat omtrent nie ophou nie. Selfde met my seun. Gelukkig was hy darem skraal. Net daardie moulengte en lyflengte was elle lank. Laaste truie wat ek gebrei het was in 2000 toe seun Pta toe is vir studies. Dink jy het het die truie gebruik? Nie regtig nie. Ai, dis maar n ding met die breiery. Veral omdat sulke groot truie so baie tyd vat om te brei.
LikeLiked by 1 person
Maar dis so lekker om dit te doen. 😁
LikeLike
Dis hoe ek ook voel. Lekker ontspanning.
LikeLiked by 1 person
My ma het altyd ‘n breiwerkie en ‘n klomp breinaalde saam met haar gedra, waar sy ook al heen gegaan het. Ek onthou hoe sy in die motor gesit en brei het en voor die kaggelvuur.
LikeLiked by 1 person
Dit verlig BAIE spanning. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek is opsoek na n Breipatroon vir my seun – dit nou sy “begeerte” n gebreide trui!! Dit sal verseker meer as 1 jaar neem – n V-nek. Ek het iewers gehad maar kan nie onthou waar weggepak!! Double Knit asb. As iemand dalk my kan help of sê waar te gaan soek en kyk.
LikeLike
Hello Mariana. Kyk gerus by Ravelry. Groete https://www.ravelry.com/patterns
LikeLike