My Rebusfontein

En daar stap ek toe in my huisie in. My Rebusfonteinhuisie. My plek van rus. My geskenkhuisie.

En ek besef: Dis hier waar ek hoort. Hier is my geluk. Dis hier waar ek wil wees.

Kameel skryf hoe sy en Una op die gras lê en lag, sommer net van lekkerkry om op Rebusfontein te wees en terwyl ek dit lees, voel ek dit, hoor ek dit, ervaar ek dit. Want dit is presies hoe ek juis nou voel. Om sommer ook net op die gras te loop lê en lag.

Ek maak die blindings oop en kyk en kyk na my bekende omgewing. My uitsig. Ek is omring deur my goetertjies. Dit wat vir my saakmaak.

En ek sê dankie, dankie dankie vir hierdie geskenkhuisie. Dankie vir my veilige plek. Dankie dat ek hier kan wees.

Ons Towerinne is weer almal op pad na Rebusfontein. Onder kwarantyn. Vrywillige kwarantyn. Ek en Seegogga het ook dadelik in die pad gespring toe ons hoor die Towerinne is almal besig om op te trek soontoe. Ons Rebusfontein waar ons in ons verbeelding saamkuier. Saamlag. Saam lawwe goed uitdink. Mekaar inspireer. Mekaar ophelp as ons val. Mekaar dra as ons knieë lam is.

Una is aan die tuinmaak. Woordnoot het interessante lekkernye in die yskas. Een vir een daag die Towerinne op en is hulle besig om hulle huisies reg te skud. Almal is bly om mekaar te sien.

En, soos almal nou al weet, sal dit nie lank wees voor hier weer allerhande pret uitbroei nie. Hier is ‘n avontuur op pad. Verseker.

Toortsie

Suiwer verbeelding van die Toortsie.

Of dalk nie.

23 thoughts on “My Rebusfontein

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s