Wat my boeke bied

Na aanleiding van ‘n navraag van iemand wat deur haar dokter Banting aanbeveel is en by my uitgekom het. Nee, ek dink nie die dokter het vir my spesifiek aanbeveel nie, só gaan ek darem nie myself aanmatig nie.

My boeke, Toortsie se Bantingboerekos, en Hier’s die Toortsie weer, het eerstens baie lekker en maklike resepte in van kos wat heerlik en ryk is. Maklik om te maak. Geskik vir enige persoon wat lief is vir lekker eet. Maar veral ook geskik vir mense wat die Bantingleefstyl volg. Of paleo. Of Keto. Of LCHF.

Mans is ook lief vir die lekker kos in my boeke.

Ek gebruik gewone bestanddele wat in gewone huise is, niks vreemde bestanddele nie, behalwe natuurlik Xylitol, wat suiker vervang.

Agterin my boeke vertel ek ‘n bietjie meer oor die leefstyl, hoe ek dit doen, hoe om dit prakties moontlik en makliker te maak. Ek gee sommer alledaagse raad om die leefstyl vir elke persoon moontlik te maak.

Die resepte is maklik om te volg, niks vreemde hoë terme wat niemand verstaan nie. Net gewone kos wat lekker smaak.

Ek dwing nie die leefstyl op enige persoon af nie. Wat en hoe hy dit doen, is sy eie keuse en verantwoordelikheid. Sou iemand wel voel om die leefstyl te volg, help ek graag met raad en bystand en om die persoon positief te hou en te motiveer.

Groete

Toortsie

One thought on “Wat my boeke bied

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s