Waar is dit?

Vir ‘n hele jaar was ek besig met my borduurstuk. Eers het ek vir weke lank prentjies gesoek, dit blokkie vir blokkie getrek op grafiekpapier, aantekeninge gemaak, gesoek op die internet, geleer van verskillende borduursoorte, hulp gesoek, geborduur, uitgetrek, weer geborduur, weer uitgetrek. Ek het ‘n kenner geraak van borduurwerk uittrek. My ore gespits vir elke persoon wat ‘n bietjie raad wou gee en dit gevolg.

Uiteindelik is dit klaar en moes dit gespan word op ‘n groot bord wat met filt oorgetrek is. Saterdagnag 11 nm maak ek dit klaar, draai dit toe in ‘n kontinentale kussingsloop, daarna in ‘n groen plastieksak. Ek reël met die koerier dat dit by my opgetel word om vanoggend betyds by die beoordeling afgelewer te kan word. Vandag, half twaalf begin die beoordeling.

Maar …

Gister, wat die pakkie by my opgetel moes word, was ek byna nooit tuis nie. Hulle sou dit ná half drie kom optel, maar kwart voor vier moes ons al weer ry vir nog ‘n afspraak. Voor die koerier die pakkie kon optel.

Ons sit die groen pakkie uit in die straat. Teen die muurtjie. Want binne wag twee vriendelike honde vir hulle. En daardie honde is nuuskierig ook, hulle sou dalk die pakkie wou oopmaak. Wou help borduur. Die finale afronding doen. 🙂

Toe ons gisteraand daar aankom, is die pakkie weg. Was dit die koerier wat dit gevat het? Dalk een van die bouers wat langsaan werk? Wel, bekommernis daaroor sal nou nie help nie. Dalk is dit dan die uiteinde van die prentjie, dat dit iewers in ‘n vreemde huis sal hang, die storie van een of ander vreemde gesin.

Vanoggend kom die nuus van die koerier af: Dit het sy eindbestemming bereik! Die koerier sal dit betyds by die betrokke lokaal gaan aflewer. 🙂

Genade kom op verskillende maniere.

Eind goed, als goed.

Toortsie

38 thoughts on “Waar is dit?

    1. Ek het gedink, wel, as dit die einde van die verhaal is, is dit. Wat my meer bekommer het is dat die verduideliking van die prentjie agterop is vir enige persoon om te lees.

      Like

  1. Soms, werk dinge reg uit. End goed alles goed. Maar….. asof jy noy nie genieg stres het nie, moes die borduurstukkie ook nou nog bykom! Jou ander goed is veil8g afgelewer by vlv lid wat dit voor 12 op die regte plek sal hê.

    Liked by 1 person

    1. Man, dit was ‘n GROOT kompetisie met BAIE deelnemers. Tweede uit DRIE. Maar dit was nie vir my belangrik waar hulle my geplaas het nie, dit was die wonderlikste reis due hele jaar lank. Ek sal nog daaroor blog, maar dit moet nou eers wag. Die artikels gaan nou deur na die VLV kongres waar dit teen die verskillende takke van die Overberg-sirkel deelneem. Ons kyk eers wat daar gebeur. As ek gelukkig is, is daar nog die Wes-Kaapse kongres ook. Ek is maar ‘nnbeginnertjie wat speel saam met groot menere, so ek voel baie gelukkig met my plek. 😁

      Liked by 1 person

  2. Wouw, dis nou geloof en vertroue, daardie pakkie buite die hekkie. Dankbaar saam met jou dat dit ń goeie uiteinde was. Mag jou “travelling borduurstukkie” groot hoogtes bereik. Laat my nou aan die fliek, “the travelling pants” dink.

    Liked by 1 person

    1. Jong, ek wás benoud, maar het my regtig berus. Op daardie oomblik kon ek niks anders doen nie. Intussen hét ek aan ‘n ander plan gedink, maar dit was reeds te laat. Gelukkig het Iemand gekyk dat dit veilig is.

      Like

  3. Terug pieng: 2020 – toortsie.com

Gesels saam, asseblief!