Om die lewe te vier

Dag vir dag herhaal ons as Towerinne die gedagte wat keer op keer in ons harte opkom: Die Towerinne is een wonderlike, kragtige groep vroue wat mekaar ondersteun, oplig, opvrolik. Elkeen van ons het al haar eie swaar in die lewe gehad. Elkeen van ons ken ook vreugde. Ons het geleer dat ons die lewe kan vier te midde van swaarkry. Dat daar altyd iets is om oor bly te wees, selfs in ‘n see van seer.

Daarom die uitdaging van vandag, dat ons iets moet doen om die lewe te vier en dit hier te kom vertel. Uit dankbaarheid vir goedheid en genade, selfs in die moeilikste van omstandighede. Want dít het ek al gesien, ‘n mens kan steeds die lewe vier selfs al gaan dit sleg. Omdat ons lewe. En, soos wie ookal gesê het, een dag gaan ons dood, maar tot dan gaan ek lewe.

Ek het ewe braaf gedink om sommer te skinny dip in die swembad, maar toe ek die water vooraf voel met my voet, het ek eerder besluit om my klere aan te hou en droog te bly.

Ek is dankbaar dat ek die lewe kon vier deur ‘n ver ent te gaan stap saam met my seun. Ons kon ‘n glasie klink na ‘n dag se werk en weet dat, waar beide van ons deur diep waters is, in die diep waters is, daar hoop is vir ‘n nuwe nuut.

My dogter en haar man het kom kuier en ons kon ‘n diep gesprek hê, maar steeds die lewe vier in ons saamwees.

Toortsie

6 thoughts on “Om die lewe te vier

Laat 'n boodskap na Una Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s