Sjoe! Wat ‘n lekker verrassing toe ek die CUM-boksie oopmaak! Kinderboeke galore!

Bybelstories vir GROOT kinders is ‘n pragboek. Kleurvol. Oulik. Met die mooiste tekeninge by. ‘n Kort storietjie op die een bladsy met die prentjie langsaan. Dis beslis ‘n boek wat kinders oor en oor sal deurblaai.

Gebede vir my dogtertjie en gebede vir my seuntjie is twee oulike boekies vir pappas en mammas, of oupas en oumas. Op elke dubbelblad is ‘n pragtige gebed vir jou kind en ‘n bybelvers daarmee saam. Ons kan nooit genoeg vir ons kinders bid nie en hierdie boekies gee vir ons leiding om wyer te bid as net ons normale versoeke.

God het ‘n antwoord daarvoor is ‘n dagstukkieboek om jou te help om alledaagse probleme op te los. Ek dink dis ‘n boek vir jong tieners. Vroeë hoërskool. Baie oulik. Die probleem word eers geskets. Dan kom die soeke na die oplossing deur ‘n bybelvers en ‘n paar vragies.

Oordenkings vir kinders is ook ‘n oulike dagstukkieboek, na my mening, vir hoërskoolleerders. Dit is geskoei op die normale dagstukkieboek wat bestaan uit ‘n bybelversie, bespreking en gebed. Aan die einde is daar ‘n ‘onthou die volgende’ wat so ‘n laaste gedagte gee, soos: ‘Alles wat ek het, kom van God af. Hy deel dit met my sodat ek dit met ander kan deel.’

My Lullabybel vir seuns en My Lullabybel vir dogters is twee hardebladboeke vir jonger laerskoolkinders. Dit bevat oulike gediggies, ‘n bybelversie en ook ‘n kort gebedjie op elke dubbelblad. Pragtige illustrasies.
Toortsie
Hoe heerlik!! Ek het al my kleinkinders kon bederf met resensie eksemplare. Kinderboeke is deesdae uitmuntend
LikeLiked by 1 person
Dis so lekker om almal te bederf met die boeke.
LikeLike
Lyk baie mooi… beste verjaardaggeskenke
LikeLiked by 1 person
Nou al weer so uitgedeel. 😁
LikeLiked by 1 person
Wow, ek kan net dink hoe lekker die uitpak vir jou was!
LikeLiked by 1 person
Baie lekker, daar was nog ander pulike boeke ook.
LikeLike
Dit lyk wondwrlio. Ek is mal oor kinderboeke. Bly jy kon hartjies bly maak
LikeLiked by 1 person