The Timepiece – Beverly Lewis

Hoe meer boeke ek van Beverly Lewis lees, hoe meer geniet ek dit. Jare gelede het ek heelwat van haar boeke oor die Amish-gemeenskap gelees en was mal daaroor. Toe ek verlede jaar weer uit die bloute een lees, het dit vir my aanvanklik erg omslagtig gevoel. Dit was egter ‘n vertaling. Intussen het ek weer reeds twee van haar boeke gelees in Engels en dit is beslis die moeite werd. Dis uitstekend geskryf en ek het nou al weer gewoond geraak aan die rustiger pas van die Amish.

The Timepiece is die tweede boek in ‘n reeks en volg op The Tinderbox. In The Timepiece word die Miller-gesin gedwing om buite hulle gemaksone op te tree. ‘n Dogter uit die pa van die huis se vorige huwelik daag onverwags op.

Eerstens het niemand geweet dat hy voorheen getroud was nie, gelukkig het dié geheim darem ‘n rukkie tevore in The Timepiece uitgekom en kon die Amish-gemeenskap darem intussen oor die skok daarvan kom. Die bestaan van ‘n kind uit sy vorige huwelik was egter vir almal iets nuuts.

In hierdie boek sien ek hoe die ma, die stiefma, onmiddellik liefde en gasvryheid betoon en haar innooi. Hoe die hele gesin haar mettertyd leer ken en liefkry. Hoe die liefde tussen twee halfsusters ontwikkel tot iets baie spesiaals.

Ek sien ook hoe vooroordele verhoudings kan beïnvloed, terwyl ander wat dit nié het nie, soveel anders optree. Ek sien liefde, vergifnis.En ek sien hoe mense se lewens verander wanneer hulle ‘n pad met God begin stap.

Ek het die boek baie geniet en sal dit beslis aanbeveel. Die stadige spoed van die Amish-gemeenskap, hulle dtadige manier van doen en leef, die eenvoud en opregtheid waarin hulle leef, dwing die leser om ook rustiger te raak, te ontspan en jou eie gejaagde lewe te oordink.

Toortsie

Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

7 thoughts on “The Timepiece – Beverly Lewis

Gesels saam, asseblief!