Eskursie

Ek gooi al vroeg gisteroggend die hoek uit vir ‘n skemerkelkie op die plaas later die middag. Die vis byt en gewapen met ietsie te drinke en te ete is ons daar weg. Manlief het altyd die lekkerste plekke in gedagte vir so ‘n geleentheid.

Op pad wonder hy of ons sal kan kom waar hy graag wil, die bakkie se vierwieltrek werk nie. Nou kyk, ek is al vir 57 jaar lank ‘n plaasdogter, ek sien ‘n vasval ‘n myl ver aankom. Dis ook nie hoe nie, of ons beland in ‘n sloot. My eerste reaksie is om te wil kwaad word, maar ons besluit toe om sommer net daar op ‘n hoop klippe by ‘n dam ons skemerkelkie te geniet terwyl ons wag dat hulp opdaag.

Sjoe! Dis mooi! Alles is grasgroen van die onlangse reën en die huis wat daar naby staan herinner my steeds aan die groot wonderwerk wat daardie dag gebeur het so twee jaar gelede toe die vuur om daardie huisie gebrand het, maar vyf bome wat teen die huisie staan, nie gebrand het nie, asof om die huisie te beskerm.

Die volgende oomblik hoor ons ‘n geluid. Die klomp dragtige verse wat heel aan die ander kant van die kop wei, moes die bakkie sien ry het. Hulle kon ons beslis nie ruik nie, die wind waai in verkeerde rigting. Nuuskierig soos hulle is, is hulle volstoom op pad om te kom ondersoek instel.

Eers gaan kyk hulle na die bakkie, maar dan gewaar hulle ons op die kliphoop. Asof eenparig besluit, kom kyk hulle wat ons maak. Willa, die een rifrug, is só verskrik, sy spring sommer bo-oor die hoop klippe om tussen ons te kom skuil. Mags probeer ons ewe beskerm en as hulle net te naby kom, knor sy. Dit was só komies, ek wou my breek soos ek lag.

Intussen, ná ‘n lang ruk van omring wees deur die verse, verloor ‘n paar belangstelling en gaan ondersoek die sloot, die bakkie en of hulle dink die bakkie sal daar kan uitkom. Een hond het intussen ontsnap en gaan skuil binne-in die bakkie. Sy moes deur ‘n ruit geklim het!

Ja, hulp hét opgedaag.

Toortsie

20 thoughts on “Eskursie

    1. Ek het baie saam met my pa rondgery. In die duine het hy soms in die sand vasgeval. Kleintyd was ek dan baie bang en het gehuil, want hoe gaan ons weer uitkom? Dit was dan net ek en hy en ek kon hom tog nie help nie. Dan het hy die sand weggegrawe en ‘n streepsak onder die wiel ingeskuif en uit is ons. Laterjare het ek geleer om kwaad te word, want dan sê ek, moenie, maar ins foeter met fors daar in. En eintlik was dit elke keer die begin van ‘n lekker avontuur.

      Liked by 1 person

  1. Help eers Toorts – Is alle plaasdiere so nuuskierig? Ons het al probeer (tevergeefs) bokke jaag, maar die hele lotjie volg jou wanneer jy jou rug draai en wegstap. Donkies is nog erger, hulle raak baie vinnig gewoond dat ons vir hulle ‘n wortel of twee saamdra, so mens kan jou nie roer nie, of hulle is daar

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s