ZZZzzzz…

Sonder dat ons dit beplan, moes ons inderhaas Vrydagaand Hermanus toe. My man is opgeneem in die hospitaal en ek moes blyplek kry. Vinnig. Dit was al donker. Waar vind ‘n vrou alleen verblyf in Hermanus daardie tyd van die aand?

Ek vra vir Air Bnb en sien ‘n oulike plek. Maar dis alreeds ná sewe en daardie plek se voorskrif is dat jy voor 7 nm moet inboek. Air Bnb keur die bespreking af. Ek en die persoon kommunikeer deur boodskappe, ek vra hoe ver dit van die MediClinic af is. Sy antwoord dat dit naby is. Ek vra of ek ‘n bietjie later kan kom, maar intussen beleef Hermanus beurtkrag en die boodskappe gaan nie deur nie.

Ek loer by Booking.com. Hulle het my nog nooit teleurgestel nie. Soms was die plek nie heeltemal volgens die verwagting nie, maar oor die algemeen was ek nog altyd gelukkig met hulle.

So in die ry met sein wat kom en gaan, Vodacom is ook nie meer dieselfde nie, soek ek steeds blyplek. Hulle beveel aan: ZZZone. Wat ek nie besef nie, is dat dit ‘n hostel is. Ek bespreek en kan nie glo dat dit nie buitensporig is met hulle prys nie. Voor ek my man gaan aflaai by die hospitaal, loer ons gou in by ontvangs. Intussen besluit ek dat ek dalk maar moet opgradeer na ‘n gewone hotelkamer, maar dan moet ek meer as R2000 opdok per nag!

Die dame gaan wys vir my die plek. Wat ‘n heerlike verrassing! Dis eerstens baie veilig, wat vir my verskriklik baie punte tel. Dis modern. Splinternuut. Lieflike groot kamer met twee beddens in. Daar is ook kamers met stapelbeddens. Gedeelde badkamers wat silwerskoon is. Minimalisties. Loopafstand van alles af in die middedorp sommer by die see en al die eetplekke. Hulle ontbyt is lekker en vullend.

Ek het toe ‘n hele paar dae daar gebly.

Soek daai ZZZone. Jy sal verras wees.

Toortsie

33 thoughts on “ZZZzzzz…

    1. Dankie. Ekvertel vir hom dat die Towerinne so besorg is oor hom. Dis seker nadat hy so lekker vir ons almal vleis gebraai het op Rebusfontein! O ja, en die keer toe julle almal by ons op Struisbaai gekuier het.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!