Verwagting

Expect a miracle every day. Expect a miracle when you pray. If you expect a miracle, God will find a way to perform a miracle for you each day.

Só sing ons Sondag in die kerk en ek dink by myself dat ons dit darem jare laas gesing het, toe ek nog jonk was. Ons was altyd so lief vir hierdie liedjie en het dit so lekker gesing en aangehou en aangehou. Expect a miracle. Verwag ‘n wonderwerk. Hê die verwagting.

Vanoggend kry ek hierdie per whattsapp:

Wat het jy vir ‘n wonderwerk?

“Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse. En Hy sê: Bring dit hier vir My.” MATTHÉÜS‬ ‭14:17-18‬ ‭AFR53‬‬

Hier lees ons die verhaal van ‘n groot skare vir wie Jesus woord geleer het. Daar was 5000 mans buiten vrouens en kinders. Die dissipels wou ‘n plan maak vir ete.

Jesus het gevra, ‘wat het julle’? Hulle antwoord, ‘net vyf brode en twee visse’.

Geliefde Jesus se antwoord was ‘bring dit vir my’. Die verhaal ken ons. Jesus het dit geneem en die seën oor dit uitgespreek en almal is gevoed.

Vandag vra Jesus vir jou, ‘wat het jy’? Gee wat jy het en vertrou Jesus om vir jou ‘n wonderwerk te doen.

Gebed: Here vandag gee ek dit wat ek het vir U, en vertrou U vir ‘n wonderwerk in my lewe. In Jesus naam. Amen 🙏🏻

Met erkenning aan Manna uit die Woord

God is al weer besig om Homself te herhaal.

Wel, ek het baie om by te dra vir ‘n wonderwerk. En jy? Het jy iets om te gee waaruit ‘n wonderwerk kan ontstaan?

Toortsie

4 thoughts on “Verwagting

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s