Sommer oor eet en kos en sulke dinge

‘n Vrou met wie ek voorheen baie te doen gekry het, vra my waarmee ek my deesdae besig hou. Ek vertel haar dat ek steeds by die boerdery se administrasie betrokke is en dat ek kosboeke skryf met gewigsverlies en gesondheid as doelwit.

Dadelik stel sy belang, want, soos met soveel die geval is en ook met my die geval was, het die kilogramme oor die jare hulle sit kom neem by haar. Sy wil dadelik weet waar ek my boeke verkoop en vra nog ‘n bietjie uit.

Ek noem aan haar dat sy stysel moet vermy, waarop sy antwoord dat sy nie eintlik baie stysel eet nie.

Ek vra haar hoe haar daaglikse kospatroon lyk. Wat eet sy bedags?

Dit was elf voormiddag wat ek met haar gesels het. Sy het nog niks geëet nie. Sy drink wel koffie met melk en twee lepels suiker in. Middagete sal sy vier perskes eet. By vyf namiddag eet sy drie eiers en laataand is sy doodhonger en eet van die vleis wat oor was van die vorige dag.

Ek sê dat sy eintlik al op die regte pad is deur stysel uit te los. Die vleis en eiers is ook nie verkeerd nie.

Persoonlik dink ek sy eet te min, iets wat baie van ons doen as ons gewig wil verloor. Ons honger onsself uit. Dit werk vir ‘n dag of twee, en dan vergryp ons ons aan die eerste die beste ding. Ons verstadig ook ons metabolisme as ons so min eet. Ons verlaag ons weerstand en iewers kan ons onsself nie meer beheer nie

Ek beveel vir haar aan dat sy die melk in die koffie met room sal vervang en die suiker los wat sy in haar koffie gooi. Verder moet sy in die oggend sommer drie eiers eet sodat sy energie het vir die dag wat voorlê. In plaas daarvan om middagete vir haar vier perskes te koop, kan sy eerder ‘n hoenderdy of twee koop. Sy mag maar die vetjies aan die vleis eet. Wat ek vergeet het om te noem, is die groentetjie by elke ete. En nee, lae GI-brood is NIE aan te bevele as jy ‘n lae koolhidraatdieet wil volg nie.

Hoë vet lae koolhidrate werk vir my. Ek kan ongelukkig nie waarborg dat dit vir ander ook gaan werk nie.

Toortsie

14 thoughts on “Sommer oor eet en kos en sulke dinge

  1. Voel hondsiek, het vyfuur opgestaan om ver te ry hospitaal toe. Omdat ek diabeties is, móét ek eet. En wat is daar? Witbrood en kaas. Jare laas dit geëet maar nou voel ek siek, die helfte gelos. Brood is GIF vir die wat nie weet nie, kaas eintlik ook. Dit jaag cholestorol amper dadelik sewe myl hoog.

    Liked by 1 person

      1. Ek kon altyd baie kaas eet, sterk cheddar, Ladismith Boere se verouderde soetmelk, feta, roomkaas met biltong, Camembert, Brie…..deesdae gladnie. Ek tel soms my suiker op met ‘n beker Arabica koffie met twee telepels bruinsuiker. Ek eet regtig baie min.

        Liked by 1 person

    1. Hulle gooi selfs ‘n lepel botter ook in saam met die room. Bulletproof koffie. Ek drink egter nie koffie nie en kan dus nie saampraat nie. Dit gee blykbaar vir jou ‘n ‘lining’ vir die res van die dag.

      Like

        1. Maak dit geleidelik minder as jy sukkel. Bv gebruik ‘n kleiner lepel en gooi steeds dieselfde hoeveelheid lepels in. Dan begin jy om met ‘n halwe lepel op ‘n slag minder te maak. Sodra jy aan die smaak gewoond is, weer ‘n bietjie minder. Dis hoe ek destyds suiker gelos het.

          Like

Gesels saam, asseblief!