As ‘n ‘n verkeerdom lê

Ons het mos hierdie pragtige lidwoordjie in Afrikaans: ‘n. Dit word ook deur verskillende mense verskillend uitgespreek. Party sê ‘i’, omdat dit die Afrikaanse weergawe van A is in Engels. Ander sê ‘hin’, omdat dit die afkapping daarvan. Ek is geleer ‘hin’. ‘n Sagte hin.

Weet julle hoeveel keer ons daardie woordjie gebruik in Afrikaans? Voltooi ‘n bietjie ‘n Nanowrimo en redigeer dit met die gedagte om dit te laat druk, dan sal jy sien hoeveel keer jy dit gebruik.

Want, as jy in Word of in Google Docs tik en jy tik ‘n ‘n, lê die kommatjie verkeerdom. Die komma moet mos afhang, nie onderstebo lê nie. Jy moet dus die kommatjie twee keer tik, die muis se strepie skuif tot tussen die twee en die eerste een uitvee. Dan lê hy reg. Maklik. Maar jy moet dit by élke ‘n doen, want ‘replace all’ werk nie en verander hulle dat hulle weer verkeerdom lê. ‘Copy & Paste’ neem langer.

Ek is tans besig om my Kinderjarestorie te redigeer. Eerstens, om die ‘nne te laat reglê. Dis ure en ure van kommatjies omdraai.

Ek het darem al die voorblad. Joh-Mari van Heerden het dit vir my gedoen.

Mooi, né? Ek beplan om net ‘n handjievol te laat druk. Vir my nabymense elkeen een en hier en daar het iemand gevra vir ‘n kopié.

Toortsie

Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

24 thoughts on “As ‘n ‘n verkeerdom lê

        1. Ek werk net deesdae amper nie meer op Office nie. Google docs werk vir my baie goed. Ek het egter nou Office vir ‘n maand of twee gekoop net om my boek te edit, ek dink daar is net te veel geskryf op daardie file en ek sukkel nou met Google drive in daardie dokument.

          Liked by 1 person

          1. Ek het nie raad vir Google Docs nie. Probeer hierdie een as jy in MS Word werk: hou Ctrl in en druk die apostroof ( ‘ ) twee keer om dit soos ‘n 9 te laat krul. Dan hoef jy nie eens die WSpel app af te laai nie. Ek is net te lui om te sit en dink wanneer ek wat moet druk en met WSpel kan jy net n+spasie in te tik, dan verander die app jou ‘n. Ek wens regtig die Afrikaanse taalghoeroes wil hierdie een heroorweeg en die apostroof laat krul soos die Engelse weergawe.

            Liked by 1 person

  1. In Word gebruik ek “Autocorrect”: File – Options – Proofing – Autocorrect options, waar mens die ‘n en die ‘n kan byvoeg. As mens dan die ‘n tik, draai Word die komma reg. Maar as ek die bloginskrywing op WordPress gaan plak, spring die komma weer verkeerdom! Stem saam met jou, die blogs is vir pret, newwermaaind daai komma 🙂

    Liked by 1 person

  2. Dis goed dat jy dit vir jou mense doen. Jay het my nou die dag gevra hoekom skryf ek nie vir hulle ‘n boekie oor my lewe nie. My ma het dit gedoen en op haar begrafnis het die kinders, kleinkinders en agterkleinkinders elkeen ‘n boekie gekry.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s