Dit is so dat ek baie lief is vir eiers. Soos ons vriend, Danie, sê, kan ‘n eier nooit verkeerd wees nie. Ek voel ook so.
Maar ek is lui ook.
Toe ek vyf en ‘n half jaar gelede het om die Bantingleefstyl te volg, het ek elke oggend twee eiers, ‘n halwe avokado en ‘n tamatie geëet. Nou wil ek eers iets sê oor die vyf en ‘n halwe jaar.
Vir die kitsdieëters klink vyf en ‘n halwe jaar verskriklik. Moet hulle dit SO LANK doen? Hulle wil dit net vir ‘n week doen, net gou ‘n paar kilogramme verloor en dan wil hulle weer terugval op hulle ou eetmaniere.
Ek hou juis van Banting omdat dit VOLHOUBAAR is. Omdat ek dit vir soveel jare kan volhou en gesond bly. Om die waarheid te sê, om gesonder as ooit te wees. Nie soos die wysneushuishoudkundige vir my gesê het dat dit gevaarlik is om dit langer as ses maande te volg nie, maar in dieselfde asem gesê het dat as jy dit een keer begin doen het jy nie weer anders mag eet nie, want, beskuldigend, dis wat Tim Noakes sê. Sy het nie die boek gelees nie. Wel, ek hoop dat ek dit vir die res van my lewe sal kan doen, dat omstandighede my dit sal toelaat. Want dit werk vir my. Ek dink glad nie meer aan suiker of stysel nie. Om die waarheid te sê, suiker en stysel maak my SIEK. Ek het die meeste van my gewig in die eerste jaar verloor en sedertdien behou ek my gewig. Geen ander dieet kon dit vir my gee nie.
Ontbyt. So het ek vir baie jare elke oggend my eiers gebak. Iewers het ek lui geword. En het ek begin dubbelroomjoghurt eet met neute en ‘n vrug. Heeltemal binne die reëls. Lekker vinnig en maklik. Lig. Gesond. En dit het vir my gewerk vir ‘n baie lang ruk.
Tog het ek gevind dat ek weer meer lus kry vir tussenin eet. Of dit die joghurt se skuld is, kan ek nie sê nie. Wat ook gebeur het, was dat my porsie joghurt ook groter en groter raak. En dat ek later in die dag sommer nog weer lus kry vir ‘n soortgelyke happie.
By Banting mag ‘n mens ‘n vrug op ‘n dag eet. Afhangende van die vrug en die hoeveelheid, mag jy gewoonlik dan nie eintlik veel meer van die oranjelys eet nie. Jy mag ook dubbelroomjoghurt eet. Tog word ons soms gewaarsku teen suiwel. Eintlik melk. Die kase en die botters maak nie regtig saak nie, dit word van room gemaak. Melk bevat egter baie koolhidrate.
En joghurt word van melk gemaak. Nie van room nie. Van dieselfde melk met die baie koolhidrate.
Ek het weer begin eiers bak in die oggend. Sommer drie eiers vir ontbyt met ‘n snytjie kaas oor en tamatie.
Baie dinge het gestabiliseer. Ek kry nie meer heeldag lus vir eet nie. Ek voel versadig. Die skaal stabiliseer weer.
Nee, ek gee nie die joghurt die skuld nie, ek het dit darem te lank geëet sonder erge gevolge. Ek dink net die eiers doen hulle ding. En ja, ek eet tog nog soms ‘n bietjie dubbelroomjoghurt, maar nie meer soveel soos wat ek gedoen het nie.
Toortsie
Ek wil amper sê dat eiers my stapelvoedsel is, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Dit kan nie verkeerd wees nie! 😁
LikeLike
Ek het hierdie stukkie nou baie geniet. Dit werk vir my. Ek is nou 18 maande op Banting en sal altyd daarop bly. Dit werk vir my. Ek is gesond en my man het sy ‘suikerpille’ (diabeet) ophou drink en is ook blakend gesond. Sal nooi weer anders eet nie want dit is dan so lekker. Wie wil tog laevet onsmaaklike goed eet? Die ‘eier-ding’ stem ek mee saam. Maak jou amper heeldag vol.
LikeLiked by 1 person
Dis regtig so: wie wil die smaaklose laevetgoed eet?
LikeLike
Eier is beslis my nommer een gunsteling. As jy eiers in die huis het is daar kos in jou huis
LikeLiked by 1 person
Ek voel ook so.
LikeLike
Mmmm, eiers is nie juis my geliefkoosde ding nie. Weet nie hoekom nie. Ek dink aan die eenkant is dit die luigeit wat dit veroorsaak. Soggens het ek nie nog tyd om eiers te bak nie dus is yogurt die uitweg.
Het die dubbelroom yogurt nie suiker in nie? Ek vra net. Gelukkig het ek al my suiker baie afgeskaal moet nou net ontslae raak van die alewige brood.
LikeLike
Die geurlose een is nie versoet nie. Die geheurdes is wel versoet. Ek koop ongegeurde dubbelroom joghurt.
LikeLike
Ek probeer ook. Hiers een wat regtig suikerloos en dubbelroom is. Partykeer is dit nie te kry nie. Ek het dit begin gebruik toe my huurder/flatmate by my gebly het. Hy was baie gesteld op gesond eet.
LikeLiked by 1 person
N roereiertjie met kaas en tamatie my absolute gunsteling kos. Elke liewe oggend is dit my ete.
LikeLiked by 1 person