
Nr 16 van die Lekkerleesboekleesuitdaging is ‘n boek wat aanbeveel is deur iemand jonger as 18 jaar. Ek het ‘n baie oulike graad 9 seun, Lukas Olivier gevra en hy het Ghost Boy, deur Jewell Parker Rhodes, aanbeveel. Wat ‘n boek! Dit is regtig ‘n moetlees boek.
Jerome, ‘n tienerseun, word foutiewelik deur ‘n polisieman doodgeskiet. Sy siel bly egter lewe en ons beleef saam met hom die dag voor die skietvoorval, maar ook die gebeure daarná, die hofsaak, hoe sy ouers dit hanteer. Sy ouma kan hom nie sien nie, maar weet wanneer hy in die omtrek is.
Die dogter van die polisieman wat hom geskiet het, Sarah, kan hom sien. So begin ‘n vreemde vriendskap tussen die lewende Sarah wat net so oud is soos hy, en Jerome, die spook.
Daar is nog heelwat ander spookseuns, almal onnodig gedood, maar hy het met een spesifieke spookseun ‘n vriendskap, dis iemand wat hom help om die dinge te verwerk.
In die proses help hy en Sarah mekaar en word sekere wanpersepsies uit die weg geruim. Wanpersepsies oor kleur. Onnodige vrese wat mense het.
Dis ‘n pragtige boek, met deernis geskryf. Ek beveel dit beslis aan.
Toortsie
Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.