Die leesuitdaging vir 2020 by die Lekkerleesboekrak is as volg. Dit is deur Dewet Theron gegee:
Lees 20 uit 25 om die uitdaging te voltooi.
- ‘n Boek deur ‘n skrywer wat jy nog nooit voorheen gelees het nie.
- ‘n Boek wat jy in 2019 wou lees.
- ‘n Boek deur ‘n Rakker geskryf.
- ‘n Boek met meer as 500 bladsye.
- ‘n Boek gepubliseer in 2020.
- ‘n Debuut.
- Outobiografie/Biografie/Memoir.
- Boek 2 van ‘n reeks/trilogie.
- Boek waaroor daar kontroversie is/was.
- Historiese fiksie.
- ‘n Boek wat in die Noordelike halfrond afspeel.
- ‘n Boek waarvan jy al die film of tv-verwerking gesien het, maar nog moet lees.
- Fantasie/magiese realisme/wetenskapfiksie.
- ‘n Boek wat jou nostalgies maak.
- ‘n Boek met ‘n dier as karakter of in die titel of op die voorblad.
- ‘n Boek aanbeveel deur ‘n persoon jonger as 18.
- ‘n Omnibus of ‘n bundel
- ‘n Boek waaroor jy ‘n lesersindruk op die Rak plaas.
- ‘n Boek met iets wat mens kan eet of drink in die titel
- Kortverhaalbundel
- ‘n Boek met ‘n bonatuurlike element.
- ‘n Boek met ‘n eenwoord titel
- ‘n Boek aanbeveel deur ‘n persoon ouer as 60.
- ‘n Boek wat voor jou geboorte gepubliseer is.
- ‘n Boek wat se voorblad jou laat ril/gril.
Of ek heeltemal by die reëls sal hou, betwyfel ek. Blykbaar maak dit ook nie heeltemal so saak nie, solank ons dit net geniet. En omdat ek lief is vir koek, veral Banting kaaskoek, mag ek die koek maar sny, dit beteken, dieselfde boek by verskillende afdelings noem. 🙂 Maar eintlik mag jy ‘n boek net by een afdeling noem.
Blogmaats ouer as sestig jaar oud, hier het ek julle nodig.
- Watter boek sal julle vir my wil aanbeveel? Sommer net ‘n lekker storieboek, niks ingewikkelds nie?
- Watter boek wat voor 1962 gepubliseer is, sal julle aanbeveel?
Groete
Toortsie
Vir my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.
Intussen het ek al een boek klaar, Kammaland, van Annelie Botes. Dit pas in by nrs 3, 7, 11, 14, 18. Ek sal nog deur die jaar besluit watter een ek gaan kies.
Sjoe dis baie boeke en party sal ek nie juis in my leeftyd lees nie. My leesspoed is te stadig om 20 boeke te lees. Ek het probeer om 25 boeke op Good reads te doen verlede jaar en het darem op einde 24 gedoen. Hierdie jaar het ek dit na 20 verminder en Januarie is halfpad en nog nie n boek klaar gelees nie. Kammaland is halfpad. Ek kla nie. Ek sou regtig graag wou saamlees.
LikeLiked by 1 person
Onthou, jy kan die twee uitdagings parallel laat loop. Om 24 te doen, is puik! Was dit die Popsugar uitdaging, is jou persoonlike doelwit?
LikeLike
Ek sal maar probeer om 20 boeke te lees, dalk is daar genoeg om af te tiek, dalk nie.
LikeLike
Weet nie van Popsugar nie maar dit was die jaar 2019 se uitdaging.
LikeLiked by 1 person
Ek lees ook geweldig stadig en omdat ek vir CUM boeke lees, sal ek dalk nie op die ou end by 20 verskillende punte ‘n merkie kon maak nie. Ek gee nie om nie, dis mos ‘n speletjie. Ek het ook nie altyd sobeel tyd vir lees nie.
LikeLiked by 1 person
Jy moet die pos dophou, hoor. Ek het gister jou boek gepos.
LikeLike
Aha, baie dankie! Juis vandag jou resepte in boek een deurgekyk. Dit lyk tor gladnie so vreemd as ek gedink het nie. Daarsnet daardie bestanddeel wat met n x begin(het nie boek nou naby my nie) Wat is dit? kry mens dit sommer tekoop?
LikeLiked by 1 person
Xylitol. Dis in die plek van suiker. Jy behoort dit te kry. Of anders Eritherol, maar ek ken dit nie so goed nie.
LikeLike
Okay, dankie sal bietjie gaan kyk. Sal jou ook laat weet as ek boek gekry het.
LikeLiked by 1 person
En psyllium husk kan jy maar uitlos.
LikeLike
Ek gebruik dit in elke geval elke oggend
LikeLiked by 1 person
Sê tog as ek verkeerde boek gestuur het.
LikeLike
Watter een het jy gestuur? Ek soek die tweede een.
LikeLike
Ek dink nr 2. Kyk maar net. 😁
LikeLike
Sal laat weet.
LikeLiked by 1 person
Sestig plusser tot u diens!!! Vir lekker lees is Kristel Loots altyd byderhand, soos bv Foxtrot van die liefde of die meer onlangse Eendag is nou. En natuurlik Santie van der Merwe se boeke, lekker verhoudingsromans.
Ek gaan dalk vir Bart Nel deur J. Van Melle aandurf. As dit my onder kry, gaan ek ‘n Agatha Christie nadertrek. Ek het verlede jaar een van hare gelees wat in my geboortejaar gepubliseer is vir die uitdaging.
As jy eers lostrek, gaan jy dalk nie die koek wil sny nie. Dit raak nogal erg lekker om die boksies te tiek. Geniet dit!
LikeLiked by 1 person
Dankie! Ek het gewéét hier is sommer baie 60-plussers wat sal help, want ek is dan self al amper daar! 😁
Ek dink ons het Bart Nel iewers as ‘n voorgeskrewe boek gedoen op skool. Ek gaan uitkyk vir jou boeke. My ding is dat ek mos vir Cum boeke lees en dan het ek nie soveel tyd vir ekstras nie. Ek gaan kyk hoe ek vorder.
LikeLike
Kry jy ook fiksie by Cum, want dan beveel ek Papierblomme van Helena Hugo aan – of enige van hare. Self Elsa Winckler se Reina en Bippie boeke was goed
LikeLike
Ja ek kry ook fiksie by hulle, wat my baie gaan help op die lysie. Hulle stuur mos gewoonlik die heel nuutste soos dit gepubliseer raak. Ek sal uitkyk vir daardie skrywers.
LikeLike
Hmmm, die twee van Elsa was Lux Verbi, dalk Papierblomme ook… maar jy behoort te kry deur die loop van die jaar
LikeLiked by 1 person
Interessant dat n boek in so n uitdaging baie boksies kan tiek, soos Die kind uit die Wingerd van Helene se Kock. Ek kon hom by omtrent 4 of 5 gebruik, voorlopig gegaan met historiese fiksie. As dit nodig word, kan ek altyd later verskuif. Weet jy van die File op die Boekrak wat jy kan byhou?
LikeLike
Nee? Hoe werk die file?
LikeLike
Mens kan dit net vanaf n rekenaar of laptop opgedateer word. Kyk op LB onder Files aan die linkerkant. Copy/paste vir jou die 25 items en vul hulle in soos jy hulle kafdraf, of maak soos De Wet en lys net dié wat jy lees. Jy kan ook die aparte Lekkerleeslys 2020 byhou. Sy instruksies is bo-aan die lys
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Ek het op my selfoon gaan kyk. As jy in die groep se blad is en jy kliek op jouself, wys dit alles wat jy al geskryf het. So ek het gedink om ‘n post te begin en dit net elke keer op te dateer.
LikeLike
Dit klink ‘n baie interessante uitdaging.
LikeLike
Haai, ek is ook ‘n Rakker! (maar ek neem nie aan die uitdagings deel nie, net die Rading Challenge op Goodreads).
LikeLiked by 1 person
Welkom, rakker. 😁 As jy ‘n boek geskryf het, moet jy hom aanstuur, dan gee ek hom op as mede-rakkerboek. 😁
LikeLiked by 1 person
Nee ek het NIKS geskryf nie, ek is net ook lid van die Rakkers! 🙂
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Sou graag wou saamspeel, maar gaan nooit daarby uitkom nie.
LikeLike
Ek twyfel sterk dat ek dit sal voltooi omdat ek mos eintlik vir Cum boeke lees, maar ek kyk sommer waar ek tog van die nommers kan aftiek.
LikeLiked by 1 person
Ek sal ook, maar sjoe, dit is ‘n gewigtige reeks boeke.
LikeLiked by 1 person
Omtrent
LikeLike
Sal maar skip… sal my tot 2080 vat
LikeLiked by 1 person
Ek gaan maar net lees wat ek kan. 😁
LikeLike