
Ek skryf graag oor ‘n boek terwyl ek nog besig is om hom te lees. Terwyl ek nog ‘in’ die boek is. Wanneer ek hom klaar gelees het, weet ek soms nie meer hoe en wat om te sê nie, behalwe dat ek dit aanbeveel.
Ek is tans besig met Leierskap 101, deur Stephan Joubert en Johan Smith. Dit het vir my ‘n rukkie geneem om ‘in’ die boek te kom, dalk omdat dit kort stukkies is oor ‘n onderwerp, gewoonlik net een tot twee bladsye. Hoe meer ek egter aan hom lees, hoe meer geniet ek hom.
Joubert en Smith kyk na leierskap vanuit die Christenoogpunt. Ons almal is leiers. Wat ons ookal doen, is daar die kans dat iemand ons gaan volg. Dieselfde beginsels geld of ons die bestuurder van ‘n groot maatskappy is, of die ma in die huis.
By Christelike leierskap is die ou, outoritêre vorm van leierskap, waar die baas bo-aan al die sê het en die Klaas moet net spring so hoog soos die baas sê, nie hoe dit gedoen word nie. Christelike leierskap is ‘n kwessie van diens.
By Christelike leierskap begin dit by Jesus, dat ons Sy volgelinge word en sal wees. Dit gaan ook oor invloed, nie om mense te manipuleer nie, maar eerder om in te koop in hulle drome.
Leiers is dienaars wat afstand doen van hulle ego en trone en opkyk na Jesus en ook na ander mense, wat nie meer die belangrikste persoon hoef te wees nie, wat bereid is om die agterste plekke in te neem. Dit laat my onwillekeurig dink aan mnr du Plessis, my rekeningkundeonderwyser, wat so ‘n wonderlike persoon was, wat ons ‘n besonderse liefde vir rekeningkunde geleer het, soveel so dat baie Bredasdorpkinders juis is rekeningunde gaan studeer het ná skool. Wanneer mense vir hom hande geklap het as hy iewers as spreker optree, het hy sy hande in die lug gesteek en gevra dat die mense nie aan hom moet eer bring nie, maar eerder aan God. Nederig. Dienend.
Ware leiers lei met ‘n herderhart. Sy mense het omgee, liefde, begrip en sensitiwiteit nodig.
Leiers kort integriteit en om integriteit te hê, kos karakter, om reg te leef voor God en tussen mense. Om nee te sê vir oneerlikheid, valsheid en selfverheffing.
Kry vir jou hierdie boek. Daar is beslis iets te leer vir elkeen van ons.
Toortsie
Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.
christelijke leiderschap is zeer belangrijk, maar jammer genoeg in veel landen teloorgegaan
LikeLike
christelijke leiderschap is zeer belangrijk, maar jammer genoeg in veel landen teloorgegaan.
PS ik heb een tijd geleden aangekondigd dat ik door jou geinspireerd ben om opnieuw beginnen te schrijven. Dat ben ik nu aan het doen in deze nieuwe Blog
https://theoherbotservaringsdeskundig.blog/
LikeLike
Ware eerste-eeuse Christenskap het net Jesus as leier gehad. Ja, daar was apostlS, ouderlingE, profetE, leraarS, maar altyd as ‘n span gewerk. Die man wat heers het met die paganisme van Rome gekom.
LikeLiked by 1 person