Onder die sterre – Under the stars

There is a blog that I really want to recommend: Be Blesstified! I like the truthfulness in which Minister Aldtric Johnson MA writes his inspirational blogs. There is always something that I can learn from him. So many times it is something that I know, but while knowing the truth, still don’t do it right any more. Like this blog about horoscopes. While I really don’t read the horoscopes, I still tell that, because I am a Scorpion, I have a sting. No! I don’t have a sting because I am a Scorpion! I am a child of God!

Minister Aldtric Johnson laat my baie keer diep dink. Hy is so eerlik en wys vir my elke keer waar ek begin kompromië aangaan. Sonder dat ek dit besef, laat ek toe dat die duiwel my beïnvloed op die ‘onskuldigste’ manier. Soos dat ek dink dat dit mos nie regtig saakmaak dat ek soms noem dat ek ‘n Skerpioen is nie, watter skade kan dit nou regtig bring?

Soos die eerste paar minute van die nuwe jaar wat ‘n manier het om vir my te wys hoe die jaar gaan lyk. Dis mos nou blote snert! Hoe kan die eerste paar minute bepaal hoe ‘n hele jaar gaan lyk? Gód is in beheer. Gaan ek regtig toelaat dat die duiwel gedagtes in my kop plant wat my vir die res van die jaar beïnvloed? En ás dit dalk God is wat my ‘n bietjie wil voorberei, sal Hy ook vir my die krag gee as en wanneer ek dit dalk nodig mag kry in die jaar. En as dit ‘n goedvoel eerste paar minute is, is daar dan ‘n waarborg dat dit die res van die jaar klopdisselboom sal loop?

Net so: Omdat ek toevallig ‘onder die Skerpioen sterreteken’ gebore is en net so toevallig een ou eienskappie het wat ooreenstem met die skerpioen, naamlik, dat ek mense toelaat om te doen wat hulle wil, hulle moet net nie op my trap nie, dan kom my angel uit. Dit maak my NIE ‘n skerpioen nie en ek gaan nie weer in daardie slaggat val om my met ‘n skerpioen te vergelyk nie. Want ek is nie ‘n skerpioen nie. Ek is ‘n kind van God.

Net so: Omdat ek, om een of ander bloginskrywing wat iemand een keer gemaak het, volgens my verjaarsdag ‘water’ is en toevallig steun op my man se ‘aarde’-stabiliteit, maak nie van my ‘water’ nie en gaan ek my nie verbind op enige manier wat toevallig ooreenstem met die ‘water’ nie, selfs al het ek dit in die verlede gedoen. Selfs al het ek in daardie slaggat getrap om dit selfs amper te glo, al het ek dit nie geglo nie. Want ek is ‘n kind van God.

Daardie God van hemel en aarde is in beheer. Ek verkies om Hom te volg. Ja, ek maak soms foute, ek maak verkeerde keuses, ek laat toe dat die duiwel gedagtes in my kop fluister wat my omkrap, maar ek weet dat Hy die beste weet. Ek kies om Hom te glo en te vertrou, Hy het al genoeg keer in my lewe gewys dat dit die regte besluit is.

As jy ook lus het om soms die reine waarheid te lees oor alledaagse goedjies, loer gerus in by Be Blesstified. Daar word nie doekies omgedraai nie.

Mooi loop

Toortsie

Just Jo Jot Jan

12 thoughts on “Onder die sterre – Under the stars

  1. This is an interesting one: many people slavishly believe their horoscopes, but you are right – why should a one-size-fits-all fit me? I once asked a class of Grade 8 girls (who were at that stage of checking their horoscopes daily for guidance) to bring horoscopes from various sources such as the newspaper and magazines (no cell phones or iPads then) for a particular month so that we could compare and analyse them in terms of their individual star signs and collectively. I think they came away with greater insight and a respect for the role they can play in their own destiny. Critical reading is important and you are spot on with “Ek kies om Hom te glo en te vertrou, Hy het al genoeg keer in my lewe gewys dat dit die regte besluit is.”

    Like

    1. ‘n Mens lees so iets toevallig raak en sien dan die een enkele ooreenkoms en begin leef daaronder asof dit die waarheid is. Die probleem is, as ‘n mens sulke goed begin lees, selfs net vir die grap, begin jy dit glo ook, want toevallig gebeur daar iets wat ooreenstem en voor jy jou kom kry is jy vasgevang en kan glad nie meer daarsonder nie. Dankie vir die lekker kommentaar. 🙂

      Liked by 1 person

  2. Ja nee kyk… mooi loop daar onder!
    Ek sê min of meer so vir almal… may 2020 bring bor happiness and joy than you can handle, so you have to share more!
    Ja… wat weet ons? Hoe kans ons raai wat in ‘ne week gaan gebeur, never mind wat vanmiddag gaan gebeur!
    Toortsie… ek sukkel om by almal uit te kom, maar ek nooi alle Suid Afrikaners, wêreldwyd, om by ons nuwe platform te kom deelneem. ‘n Hele paar van ons Suid Afrikaanse blog maatjie speel saam. As jy belang stel, stuur vir my ‘n e-possie aan na safferww@gmail.com!

    Dankie!! 😊🥂👍😁

    Like

Gesels saam, asseblief!