Op die laaste dag van 2019 is dit onvermydelik om nie ‘n bietjie oor die jaar te dink nie. As ek na 2019 kyk sien ek ‘n hele spektrum van dinge: goeie dinge, slegte dinge, hoogtepunte, laagtepunte.
2019 was nie die maklikste jaar wat ek al beleef het nie. 2019 het sy uitdagings gehad. Sinkplaatpad. Moedverloortye.
In 2019 het ek ook wonderwerke beleef. Tye wat ek net my hande saamgeslaan het in verwondering. Ek het God sien werk. Ek het ervaar hoe Hy gebede wat al vir baie jare gebid word, beantwoord. Soms, uit die bloute, het daar iets gebeur wat ons glad nie verwag het nie en het ons net besef dat God groot is, dat ons God-in-werking beleef. Soms, onverwags, het ons die wonderlikste verrassing denkbaar gekry.
Aan die einde van 2019 wil ek net vir God loof en prys vir elke stukkie genade wat Hy oor my pad gestuur het, vir elke wonderlike present uit Sy hand, vir alles wat goed was wat gebeur het. Ek wil Hom ook dank en eer dat Hy saam met my was wanneer die pad moeilik was. Dat Hy my regop gehou het waar my knieë soms wou knak. As ek terugkyk oor 2019, kan ek nie anders nie as om Sy goue draad van beskerming, van genade, van omgee raak te sien nie.
Mag jy, as jy terugkyk oor 2019, God se hand in jou lewe raaksien. Mag jy die Goed wat Hy vir jou bewerk het, raaksien en Hom daarvoor eer. Mag jy sien hoe Hy jou deur slaggate gehelp het, opgetel het as jy val, moed gegee het waar jy moedeloos was. Mag jy God eer vir wat Hy in jou lewe doen.
Mag 2020 vir jou goed wees.
Toortsie
Happy New Year, dear Toortsie! Best wishes & inspirational blogging in 2020!
LikeLiked by 1 person
Thank you! May you have a wonderful 2020 as well.
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die deel, dankbaar dat jy vir ons gespaar is. Mag 2020 vol liefde, vrede en geluk wees.
LikeLiked by 1 person
Dankie Christa. Mag jy ook ‘n wonderlike 2020 hê.
LikeLiked by 1 person
Dankie, liewe Toortsie – voorspoedige Nuwejaar!
LikeLike
Voorspoed Frannie. Net die beste toegewens.
LikeLiked by 1 person