Ek het gister die 40 uitdagings van Waag dit om lief te hê (The Love Dare) geplaas. Vandag kyk ek ‘n bietjie na dag 2 se uitdaging wat só lui:
Vandag mag ons weer eens niks negatiefs van of vir ons geliefde sê nie. As ons nie iets positiefs het om te sê nie, bly ons eerder stil. Ons moet ook ‘n daad van goedheid teenoor ons geliefde doen.
Watter dade van goedheid is daar om te doen?
Die heel maklikste daad van goedheid is natuurlik sommer net om vriendelik te wees. Of om hom te help met ‘n takie wat hy gewoonlik self doen. Of om vir haar die badwater in te tap.
Hierdie oulike webblad het ‘n hele klomp idees hoe om dade van goedheid teenoor jou huweliksmaat te betoon:
- Trek ‘n hartjie op die toegewasemde spieël terwyl hy in die stort is.
- Staan vroeg op en maak vir hom ontbyt.
- Was sy kar.
- Vertel hom iets wat jy van hom waardeer.
- Bel haar onverwags deur die dag net om te sê jy is lief vir haar.
- Gee hom ‘n kopmassering.
- Kyk sy gunstelingsport saam met hom.
- Reël ‘n manneaand vir jou man.
- Verras hom met ‘n warm handdoek ná sy stort.
- Stel ‘n speellys saam van liedjies wat julle graag geluister het toe julle nog uitgegaan het.
- Maak ‘n lysie van alles wat jy van jou geliefde hou en los dit op haar kopkussing.
- Vra hom uit oor sy dag en luister belangstellend.
- Maak middagete vir hom.
- Los ‘n mooi notatjie op ‘n Post-It papiertjie op haar stuurwiel.
- Vertel haar iets wat jy van haar waardeer.
- Gee jou man ‘n nekmassering.
- Lees ‘n boek wat hy kort gelede gelees het en bespreek dit met hom.
- Tittewyt jouself asof jy na ‘n partytjie toe gaan en wag jou man in ná ‘n lang dag.
- Verras haar met ‘n klein geskekie sommer net ‘omdat’.
- Vertel haar van jou gunsteling herinnering van julle twee saam.
- Berei sy gunstelingkos voor.
- Gee hom ‘n kompliment.
- Versteek ‘n liefdesnota in sy beursie.
- Krap sy rug.
- Druk foto’s van julle twee saam en sit dit oral neer in die slaapkamer en badkamer.
- Gee hom ‘n hand- en voetmassering.
- Stuur hom gedurende die dag teksboodskappe om hom te wys jy dink aan hom.
- Gaan op ‘n ‘date’.
Om goed te wees vir jou maat is nie moeilik nie, ons moet dit mos in elk geval doen. Ek kan net dink dat dit vir ‘n huwelik goed kan wees as ons dit doelbewus meer doen as gewoonlik, as ons sommer net ‘n bietjie daarop konsentreer.
Dit is mos nie moeilik nie?
Toortsie
You go girl!
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLiked by 1 person
Love dit💜
LikeLiked by 1 person