
Surrounded by water, but no water to use in the house.
As gevolg van ‘n krisis wat blykbaar ontstaan het as gevolg van beurtkrag, beurtkrag kry nou weer die skuld vir alles, het ons sedert Sondag nie bedags water in die huis nie. Hier rondom 2 uur in die nag, wanneer die res van Struisbaai slaap, is ons bevoorreg om toegang tot water te hê.
Ek kan nie help om te dink hoé bevoorreg ons is om gewoonlik lopende water in ons huis te hê nie. Ons het nog maniere om dit te oorbrug, byvoorbeeld, as ons dorp toe gaan vir iets, stort ons sommer gou by die huis. Ons tap kanne vol water wat ons kan gebruik as die nood druk. Ons laat die skottelgoedmasjien in die nag loop en net om ‘n masjien te besit is net nóg ’n voorreg.
Soveel mense oral in ons land is so totaal van ander afhanklik vir elke druppel water en het geen maniere van uitkoms wathulle kan gebruik nie. Soveel mense het glad nie lopende water in hulle huise nie en moet kanne water aandra vir huishoudelike gebruik, water wat nie eers skoon is nie. Dít is genoeg stof tot dankbaarheid.
Die munisipaliteit is hard aan die werk aan ‘n oplossing. Sterkte en ons vertrou julle kry die oplossing gou, veral noudat Struisbaai oorvol is van mense.
Toortsie
One-liner Wednesday https://lindaghill.com/2019/12/18/one-liner-wednesday-mugshot/
Verlede naweek was ons dorp sonder water. Dieselfde redes gegee: beurtkrag – want dan kan die pompe nie werk nie! Ek bly verbaas hoe min water ons kan gebruik wanneer daar niks water is om te spaar nie.
LikeLike
Pns kom regtig met mon water deur, maar ons vlerke is ook maar geknip.
LikeLike
Ons is dankbaar vir Kaapstad se heerlike soet water. As ek net eendag tyd het, bietjie vertel van water.
LikeLiked by 1 person
Water is so belangrik in ons lewens. As jy egter begin kyk hoe jy dit beter kan benut en bestuur sal mens verbaas wees hoe min mens nodig het. Herinner my aan begin jare in Secunda toe ons in die “karavaanpark” gebly het. Daar is eenkeer per dag n waterwa wat verby gekom het. Jy kon twee emmers vol maak. Dit was dit vir die dag. Gelukkig was Bertus nog nie daar nie en geen doeke om te was nie. Selfs die krag was wisselvallig daardie tyd(1980) Alles net om mense te huisves om by Sasol 2 en later ook 3 te kry om daar te werk.
LikeLiked by 1 person
Mens kom met min reg, maar jou vlerke is beslus geknip. Dis of jy amper nie wil lewe nie, want netnou mors jy en daar is nie water om skoon te maak nie.
LikeLike
Ai, is so. As ek ook dink hoe maklik die kraan oopgedraai word net om jou hande te was. Ek het baie simpatie met julle. Dis nie lekker om te weet jy kan nie eers die toilet trek nie. Wat maak jul in daardie geval?
Mens kry “goed”vir n toilet wat nie water gebruik en alles üitdroog”My seun het so toilet gekry en dit uitgetoets en se dit werk goed. Nog steeds bly dit grillerig!
LikeLike
Dit lyk my datem ons water is nou hier. Wanneer toilet regtig getrek moet word, het ons maar ons kosbare kanne water gebruik.
LikeLiked by 1 person