Afhandel’mode’

Ek is in afhandel ‘mode‘. Ag, ek is te gejaagd om nou te dink wat die Afrikaans vir ‘mode’ is. Want ek is besig om my jaar af te handel. Alles moet hierdie week klaar kom.

Scrapy daag ons uit om oor ons omgewing te skryf. Afhangende van waar ek is, het ek verskillende omgewings om oor te skryf. Dus het ek gedink om oor my onmiddellike omgewing in hierdie week te skryf.

Soos reeds gesê, is ek besig om goed af te handel, want as alles goed gaan, is hierdie week my laaste week van administratiewe werk doen vir hierdie jaar. Alles moet klaar kom.

Maar, tipies hierdie tyd van die jaar, is dit mos ook partytjietyd en het ons Dinsdagaand gaan uiteet om my broer se sestigste verjaarsdag te vier. Sy eintlike partytjie lê nog voor. Ek kry ook kuiergaste die naweek, so môre moet ek nog gou-gou die laaste kamer regkry.

Dan alles by die huis klaarkry, my hare laat knip, sodat ons hopelik een of ander tyd see toe kan gaan. Alles afhandel.

Want volgende week kom my kleinkinders DV by my kuier. En dan wil ek niks anders doen as om al my aandag aan hulle te gee nie. 🙂 Ek is so opgewonde, my kop werk sommer oortyd.

Sommer so met die klaarkry en die absolute fokus om dinge gedoen te kry, wil ek sommer skryf oor aandagafleibaarheid. Ek het aandagafleibaarheid en is so uiters dankbaar dat dit nie gediagnoseer was toe ek op skool was nie. Ja, dit het beslis my prestasie beïnvloed, maar ek het tog deur skool gekom, al was dit soms moeilik om te leer.

Hierdie baie insiggewende artikel het baie dinge vir my verklaar. Hierdie persoon het met ADHD mense self gewerk en tot interessante dinge ontdek, party van die goed wat ek as volwassene in myself al ontdek het.

Eerstens, dat die ADHD brein (regs) totaal anders lyk en funksioneer as die ‘normale’ brein (links). Dit mag vir baie mense ‘n verskrikking wees, maar die waarheid is dat dit glad nie so hoef te wees nie. Die ADHD persoon hanteer sy emosies en aandag en fokus net heeltemal anders as die persoon wat dit nie het nie.

Die waarheid is dat AANDAGAFLEIBAARHEID ‘n FOUTIEWE TERM is. Daar is soveel positiewe dinge aan die sogenaamde ‘aandagafleibaarheid’, dat, vir hulle wat dit het, dit nie regtig ‘n probleem is as dit reg hanteer word nie. ADHD is NIE ‘n beskadigde of defektiewe senuweesisteem nie.

Volgens hierdie artikel het die meeste ADHD-persone ‘n baie hoë IK, selfs al presteer hulle nie so goed op skool nie. ADHD volwassenes is ook nie noodwendig sigbaar hiperaktief nie, terwyl hulle intern, binne hulle lyf, hiperaktief is.

Dis ook nie dat hulle nie kan aandag gee nie. Die probleem is dat hulle té veel aandag gee aan alles. Terselfdertyd gaan daar in ‘n ADHD-kop gewoonlik vier of vyf dinge aan. Terwyl hy besig is om op hierdie ding te fokus, vra ‘n klomp ander goed ook sy aandag.

Wanneer hulle egter onder druk is, fokus hulle uitsonderlik en kry take geweldig vinnig en goed gedoen. Ongelukkig is daardie fokus nie ‘n knoppie wat jy kan druk nie en weet jy nooit wanneer die fokus jou sal verlaat nie.

Om in fokus te kom, help as die persoon hou van wat hy doen en daarin geïnteresseerd is. Die belangstelling hou egter nooit vir baie lank nie. Iemand anders kan hom nie in ‘n fokusfase in druk of oortuig nie. Die ADHD persoon werk die beste wanneer hy besef dat daar nou nie meer uitsteltyd is nie. ADHD mense is meesteruitstellers, tot groot frustrasie van die mense om hulle.

ADHD-persone kry swaar in ‘n gewone skoolsisteem. Hulle vertoon ook ongeorganiseerd. ADHD mense voel ook maklik minderwaardig, nie goed genoeg nie, juis omdat hulle so anders funksioneer.

Wanneer ‘n ADHD-persoon ja sê vir ‘n taak, weet hulle dat hulle dit kan doen.

Ek is dankbaar dat my omstandighede, my onmiddellike omgewing, my gesinsopset my toelaat om my eie ding op my eie tyd te doen, self te kan besluit wat ek wanneer doen en dat ek juis deur dit te doen, baie uitgerig kry. Sonder dat my gesin besef het dat ek ADHD is, het hulle die vaardigheid ontwikkel om my te help fokus. Soms moet iemand vir my sê, kom ons doen gou eers dit of dat, of dat die tyd uitloop. Vir my hou my ADHD geen bedreiging nie en ek dink my gesin leef heel gemaklik daarmee saam.

Toortsie

32 thoughts on “Afhandel’mode’

    1. Ek dink dit kan moeilik vir die persoon self en ook vir hulle rondom haar wees. As jy dit egter kan akkommodeer, kan dit ‘n fees wees.
      Ek en my man werk goed saam, want hy het iemand nodig wat nou gou iets moet doen. Vir my is dit maklik.
      Net in die skool is dit regtig moeilik.
      Adhd mense voel maklik minderwaardig.

      Like

  1. Dis nou insiggewende gewees. Dankie hoor, bly die omgewing het jou laat dink aan ADHD, ons sukkel juis met n paar kinders wat dit het. Dis baie moeilik vir die kinders en ook die kinders in die klas. Die gewone klasse is met tye n groot uitdaging vir die kinders.

    Like

    1. Dis mn groot uitdaging vir die kinders én die onderwysers. In ons kinderdae was dissipline normaal en het ons stilgesit en was ons gehoorsaam. Ek neem nie onderwysers kwalik as hulle moedeloos raak nie.

      Like

  2. hi Toortsie, Ek het die artikel gelees, dankie daarvoor. Ek het so ‘n klompie jare terug – ek dink in 2008 (daar rond) ‘n bloginskrywing gemaak oor ADHD – een van my kwalifikasies is Dyslexia – wat die ADHD kind insluit. Jare terug was daar ‘n puik kursus vir Onnies (wat in 1989 geskrap is – baie ‘sad’) wat Onnies gedoen het wat die Hulpklas Onderwyser wou wees. Ek was een van hulle. Destyds was dit die MBD geneom (minimale brein disfunksie), maar die benaming het te erg geklink, toe verander hulle dit na Neurologiese Leergestremdhede – wat ook maar nog erg klink. Ek is so dankbaar dat ek in die laaste groep was wat die kursus kon doen (2 stywe jare) en was dit nou interessant. Ons moes die brein in elke deeltjie ken en weet watter deeltjie funksioneer hoe en hoe dit die leer beinvloed en die leerprobleme. Daardie kursus en kennis is ek ewig dankbaar voor en gebruik dit daagliks – en kon baie Onnies tot dusver help/raad gee oor die kinders wat hiperaktief is. (selfs ouers ook). Ek het simpatie met jou. Ek het jou inskrywing geniet en wil nou die ander inskrywing gaan lees.

    Liked by 1 person

          1. Ja, nog steeds. Dit gaan goed dankie. Die koue het nou gekom en ons het sommige bitterkoue dae, Vandag was taamlik gangbaar en blykbaar gaan ons sneeu kry oor Kersfees. Ek verkies om dit nie te kry nie, tensy dit net effentjies is. (te veel gemors)

            Liked by 1 person

              1. Nee, nie meer nie. 🙂 Die sneeu versoorsaak te veel ongemak (verkeersprobleme/gemors op paaie/vassit in die diep sneeu/ens. ens. ens. en dis mooi om daarna te kyk en dis al. Nee dankie vir sneeu, behalwe so ‘n dun mooi lagie vir een dag. 🙂

                Liked by 1 person

  3. Ek dink die term ‘scattered brain’ was op ‘n stadium ook gebruik, maar daar is daarmee weggedoen omdat dit ook nie te ‘goed’ klink nie. Soms voel dit of my brein oral oor is met als wat gedoen moet word.

    Liked by 1 person

  4. Het nou lekker jou en Nikita se gesels ook gelees. Ek dink ek moet n stuk skryf oor die een outjie wat op oomblik al my/ons dae gee met sy optrede. Ongelukkig is die ouer boetie dieselfde en weet ons darem waar die probleem lê. Dis net baie hartseer dat so n kind soswaar moet kry agv omstandigehede waaraan hy niks kan doen nie. Hier moet kind eers sewe wees voordat hul “getoets”word en dan medikasie kry.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s