In opdrag van Scrapydo.
Daar is ‘n paar dinge wat nou nie altemit is nie, soos dat bloed kruip waar dit nie kan loop nie. Dat bloed dikker is as water, is ‘n feit soos ‘n koei. Soos ‘n Jerseykoei. ‘n Nuuskierige Jerseykoei.
Dít het ek nou weer vandag besef toe ek en my man ‘n ent gaan loop het op die plaas. Eers moet ons die verskriklike kop uitloop, soms raak ek agter, dan steek hy sy groot en sterk boerehand uit en trek my tot daar waar ek weer op my eie kan byhou. Is dit nie dierbaar nie? As my hand so in sy groot hand is, voel ek veilig. Geliefd.
Ek het altyd aleen geloop met my honde, maar sedert hierdie jaar het my man ‘n ernstige stapper geword en loop ons graag in die berg as ons by ons huis is of saam op die plaas as ons hier is.
Vandag kon ek weer nie my lag hou nie. Iewers is ons deur ‘n land waar die verse loop en kort voor lank is hulle almal om ons. Soos reeds genoem, is hulle verskriklik nuuskierig en ek dink dis ons honde wat hulle nuuskierigheid prikkel. Hulle is agter ons, voor ons, om ons en die arme honde weet nie wáár hulle moet loop nie. Moet hulle vlug, of skuil? Dan hardloop die een so ‘n ver draai met al die verse agterná, dan kom skuil hulle weer onder ons voete.
Dit is steeds verskriklik droog in die Klein Karoo, dáár het die water lank laas geloop. Besproeiingsgrond lyk soos ‘n woestyn, pikswart verbrand in die son. Hier waar ons melkstal is, lyk dit aansienlik beter en kan ons net in dankbaarheid buig.
Nou ja, mooi loop, loop skryf julle nou ook ‘n paar loopstorietjies, maar moet net nie dat julle hart op loop gaan nie, hoor!
Toortsie
die verse soek ook maar n bietjue aandag en liefde! of dalk wil hulle meer leer! Dit klink napret- om so te stap saam met n klomp nuuskierige jersies!
LikeLiked by 1 person
Dit is eintlik skreeusnaaks.
LikeLiked by 1 person
ek kan dit glo!
LikeLiked by 1 person
El lief ‘n grootoog-Jerseykoei. Het ook al droogtebekommernis gelees, daai vraende kyk. Van waar is die water? Blommetjie. Buttercup. Bontlies. Ja, hulle kom kyk graag. Dierbare stellasies met vel oor en goudgeel bottermelk.
LikeLiked by 2 people
Dankie vir die mooi loop storie. Dis beslis kostelik en kosbaar om die kallers so nuuskierig te sien. Die klomp skaaplammers oorkant die straat kan netso nuuskierig staan en kyk. Dis heerlik om so te kan loop. Doen n mens die wereld se goed.
LikeLiked by 1 person
Ek sal ook maar liewer onder ‘n koei se voete uitbly. Ek het baie respek vir die melktannies.
LikeLiked by 1 person
Dis darem nog jong verse. 😁
LikeLiked by 1 person
Lekker loop jy en manlief. Toe julle op plaas gebly het was daar seker nie vir hom tyd vir dit nie.
LikeLike
Nee, voorheen het hy nie tyd gehad nie. Sedert sy operasie vanjaar het hy egter begin stap en nou geniet ons dit so baie.
LikeLiked by 1 person