Biegblog

Ons kuier aan die langtafel. Sarie se Kerstafel hierdie keer, nie die Towerinne se langtafel by Rhebusfontein nie.

Van die eerste sekond af word ons oorweldig met vriendelikheid en gasvryheid. Die redaktrise van die Sarie, asook die kosredakteur kom van mens tot mens en gesels baie lekker. Sy, Michélle van Breda, is ‘n Overberger en ons vind sommer dadelik aanklank. Herman Lensing, kosredakteur, haal die een bederf na die ander uit sy koskas uit.

Die gebeurenis het plaasgevind in die Kokkedoorstoor en wat ‘n belewenis was dit nie! Elke nuwe gereg is in die verskillende Kokkedoorkombuise voorberei en voorgesit deur die studente van ‘n top sjefskool.

Nou die biegslag. Ek het van alles geëet. Ek het al my kos opgeëet. Daar was baie suiker betrokke. Dit was heerlik, so lekker dat ek amper besluit het om weer soetgoed deel van my dieet te maak. Dit was ‘n geval van lekker, lekkerder, nog lekkerder, ekstra lekker, verruklik lekker, alles in trappe van vergelyking en met byvoeglike name wat ek nog nie ken nie.

Die heel laaste was ‘n somerkoffie, wat ek oorgeslaan het.

Ons is ook bederf deur Pedro Kruger. Joe, hy is darem net talentvol!

Asof dit nog nie genoeg was nie, is ons met die huistoegaan elkeen bederf met ‘n lieflike geskenksak wat so swaar gelaai was, ons moes die sakke onder vashou om te verhoed dat dit nie skeur nie.

Dankie Sarie, dit was ‘n belewenis.

Soos almal mos maar weet, kan ‘n mens my mooi aantrek, maar nie eintlik iewers heen neem nie. Wel, sommer aan die begin probeer ek my serp regtrek met die hand wat die drankie vashou. Dit was ‘n goeie ysbreker, veral toe die drank oor my skouer gegooi word en die ys in stukkies op die vloer val. Red nou ‘n nasie met sulke mense! Blykbaar was dit nog aanvaarbaar dat ek my drank mors, maar nie dat ek toe afsak vloer toe en die gemors op die vloer met my tissue opvee nie. 😳😜 En die nat tissue mooi in my silwer handsakkie terugsit nie.

Toortsie

Ns. Die gevolge van die oordosering van suiker … ja wel …

19 thoughts on “Biegblog

  1. Dit klink heerlik en ek is bly jy het uit jou kassie geklim en jouself so geniet!!!
    Wat die morsery aan betref gaan ek maar soos my Portuguese dogter sê wanneer sy “aanvang,” “Mamma wou mos die verkeerde dogter afrondingskool toe stuur.” 😂😂😂

    Liked by 1 person

    1. Die ding is, as ek begin glipsies maak, raak ek selfbewus en gespanne en dit vererger die situasie. Gelukkig kon ek myself regruk. Sulke tye is my Martjie so ‘n gemaklike maat en tree sy normaal op. My manlief ook. Dit help as hulle nie ‘n bohaai maak nie.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s