Vir my eie inligting.
Johan en vier vriendinne het onlangs die Portugese Camino gestap vanaf Porto tot Santiago. Hulle het ongeveer 15 tot 20 km per dag gestap. Ongeveer drie weke gestap.
Omdat hulle, volgens hom, korter as die ander mense per dag gestap het, was hulle elke keer van die eerstes wat by die herberge aangekom het en het hulle nooit probleme ondervind om slaapplek te kry nie.
As jy gebruik maak van die diens, hulle laai die sakke op ‘n sentrale punt af. Koste 5-7€ per dag. Jy moet aanmeld as jy wil hê hul moet jou sakke aanry.
Dis nie nidig km deur ‘n agentskap te werk nie, dit maak dit onnodig duur.
Die slaapplek in die herberge was minder as R100 per persoon per nag. Die meeste nagte kon hulle ‘n sesbedkamer kry. Soms was daar stapelbeddens, soms net gewone beddens. Die matrasse is goed, nie dunnetjies nie. Hy voel jy moet die herbergding doen ipv hotelle om die Camino regtig te ervaar.
‘n Goggatjie wat maar ‘n probleem op die Camino kan wees, het een van die dames getref. Alhoewel daar by die meeste van die herberge ‘n plastiekoortreksel oor die beddens is, is dit tog ‘n goeie idee om ‘n onderlaken saam te neem en jou eie slaapsak. Daar was van die plekke waar beddegoed voorsien is, en dit was skoon.
Hul het soggens ‘n ontbyt gemaak en dan later in die oggend iewers gaan sit en eet. Saans het hulle gaan uiteet of vir hulle kos gemaak.
Die versorging van jou voete is belangriker as jou fiksheid. Party mense smeer spiritus aan om hulle voete te beskerm. Hy het ‘n sykousie aangehad, plus twee paar sokkies. (Maréth het net een paar katoensokkies op ‘n slag gedra en dit dan gereeld omgeruil.) Skoene en sokkies word elke twee uur uitgetrek sodat jou voete rus. Dan word droë sokkies aangetrek. Die nat sokkies word aan jou rugsak vasgemaak met ‘n wasgoedpennetjie sodat dit droog kan word vir die volgende omruilslag.
Hy het 5 T-hemde saamgeneem. Van die ander in die groep het elke dag dieselfde klere gedra, dalk wel een paar verskonings gehad. Jy spoel daagliks jou klere uit as jy by die blyplek kom. Hy het ‘n koekie Sunlight seep ingepak om daagliks klere te was.
Hy het ‘n oulike App op sy doon afgelaai. Camino Portugese wat baie oulike inligting gee oor due riete, slaapplek, besienswaardighede en eetplekke.
Hy het dit geweldig baie geniet.
Toortsie
Dit klink so lekker, het nog nooit ‘n Camino gestap nie maar goed soos die Otter, Fanie Botha, ens. Mens stap die Camino glo on jouself te vind. Caralyn en haar Ma het een in Nevada of Mexico gestap. My lewe is my camino maar my stap bly my stap.
LikeLiked by 2 people
Daar is baie redes hoekom mense die Camino stap. Een mag dalk wees om jouself te vind. Ek stel net nog altyd daarin belang om ‘n paar redes. Bv dat jy so ver kan stap soos jy wil, langer as jy wil. Dat dit relatief veilig is. Hulle is ingerig vir die pelgrims. Ens.
LikeLike
My eerste stap, in St6 was Kleinmond tot Agulhas maar ons het nie verder as die eertydse De Kelders Hotel gekom nie. Winterstorm. Dit was 1975.
Fanie Botha loop van God’s Window tot by die saagmeule by Bourke’s Luck en die Kolkgate aka Potholes in die Blyderivierpoort, die wêreld se diepste cañon. Dis lieflik daar.
Deesdae halfkruppel met die trein tot in Simonstad, dan te voet pikkewyne toe of met MyCiti tot in Bakoven, Llandudno-kant en dan te voet Seepunt toe, tot by Queen’s Beach. Nou die aan sononder afgeneem langs pad tussen Clifton & Bantrybaai, maar ons oornagstappery is ongelukkig iets van die verlede.
Wou nog altyd Struisbaai – Infanta gestap het……
Wou nog Witsand – Puntjie gestap het
Wou nog…….
LikeLiked by 1 person
Ek het nie een van daai name gestap wat jy noem nie. ‘n Paar keer die Walvisroete. Pondoland. Die Gamkaskloof.
LikeLike
Gamkaskloof! My neefs het 7/11des besit en aan CapeNature geskenk. Vriend Pierre se Ma en Tannie kom vandaar, die Cordiers. Vriend Bennie se broer is natuurbewaarder daar. Vriend Piet se pa was dokter en hy het in- en uitgevlieg met pasiënte.
LikeLike
Ek weet van die Cordiers. Wat ek weet, weet ek nie.
LikeLike
Jy klink soos ek. Mense het mos klokkies wat lui, oor name, plekke en mense. Soos Oom Hannes Vark wat jaarliks die kroeg of hotel of iets te perd binnegery het. Of een van die Muise van Rawsonville wat te perd deur die bioskoop was. Of Hanna Ketot van Willowmore. Legendes, mistieke figure of gewoon histories. Soos Oom Moksie Dunn by Malgas. Kleintyd het hy my toegelaat om die pont te trek. Onlangs eers verneem hy was ‘n kranige kunstenaar met die skilderkwas.
LikeLiked by 1 person
Ons het almal help trek aan die pont. 😁
LikeLike
Aaahh lekker, deesdae mag mens glo nie meer nie.
LikeLiked by 1 person
Seker te gevaarlik.
LikeLiked by 1 person
Ons mag in die roeibootjie ook gery het. Die pont was nou so amper vervang met ‘n moderne een, maar die gemeensjap het kapsie gemaak.
LikeLike
Dankie tog dis gered.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop dit bly gered. Die plaasvervanger lê daar.
LikeLike
Sal vernielingswerke moet doen. Daar is baie oud-Recce’s
LikeLiked by 1 person
Nou het ek sommer lekker aan jou en Pete se pratery gelees. Ek was nooit n groot stapper nie. Net werk toe en terug. Die idee van 5 t-hemde klink nogal goed . Ek hou van elke dag n skoon t-hemp asook kouse. Die voete is tog maar wat die werk moet doen en hul moet goed opgepas word.
LikeLiked by 2 people
Die rede vir die 5 hemde was maar dat hy nie altyd dieselfde wou lyk nie. 😁
LikeLike
Ha ha, ook maar modebewus!. Al kry mens 5 van dieselfde sal dit vir my ook werk om darem elke dag n droë hemp aan te trek. Ek sweet maklik en baie!
LikeLike
Interessant genoeg is dit die man wat daaroor bekommerd is! 😁
LikeLike
Is so. Sommige manne is netjies op hulsef bygese.
LikeLike
Beslis.
LikeLiked by 1 person
Het jy jou 50 000 volgeskryf? Ek trek by 45 744. Minder as 5 000 oor!
LikeLike
Ja, dis gedoen gister. Nou skryf ek sommer nog ekstra by dele wat ek nog nie gebruik het nie.
LikeLiked by 1 person
Lekker. Die druk is nou af.
LikeLike
Beste is nou jaag die tyd my om tog nog te gaan sit en skryf- wat ek nog steeds doen, haha.
LikeLike
Ek staan by 49555. Ek wil regtig vandag die 50k doen. Wou afsluit, maar die woorde kom en kom en kom.
Hier is ‘n lang stuk wat ek, wanneer alles klaar is, sal uitvee, maar ek hou dit nou vir eers tot die maand om is.
LikeLike
Haha, ek weet dat as mens vloei moet jy laat vloei sonder ophou. Met hersiening kan jy altyd dele uithaal en dalk iewers anders gebruik. Dis die lekker van “first draft”jy skryf jou hart uit.
LikeLiked by 1 person
Dit was heeeerlik!
LikeLiked by 1 person
Stem saam.
LikeLike