Ons het die aand oorgeslaap in Grabouw en stap sommer deur die dorpie. Sommer net vir ‘n bietjie oefening en om te kyk wat in die dorpie aangaan. Daar sien ons toe ‘n regte outydse hotelletjie, ons sien die kroeg is oop en daar is lewe. Hy stel voor dat ons ‘n drankie gaan drink.
Ons stap in die kroeg in en ek kyk rond, kroeë is nou nie regtig plekke waar ek gewoonlik rondhang nie. Dit lyk effens rokerig, die meeste tafeltjies is leeg, daar sit seker so vier of vyf mense rond. Twee sit by die kroegtoonbank en agter die toonbank staan John, reg om ons te bedien. ‘n Gesellige outjie.
Manlief bestel vir hom ‘n brandewyn en Coke en ek vra vir ‘n Passion Fruit, Cane en soda. Nou kry ek kans om ‘n bietjie rond te kyk. Daar is allerhande plakkate teen die muur, maar niks wat my aandag trek nie. Die mense lyk heel rustig.
Die volgende oomblik kom daar so ‘n jongerige man in, om en by drie-en-twintig, as ek moet skat. Baie ekkerig. Arrogante houding. Sy hele houding vertel dat hy weet wie sy pa is en ook wie hy self is. Praat baie en hard. Almal moet hom hoor. Dis ‘n belangrike man dié.
Ek kyk so om my en sien dat die ander mense ook ophou gesels het, hom stil dophou. Ek besef hier gaan iets gebeur.
“En kyk wie is almal hier?”, sê die jongman, “al die ou fossiele van die dorp, nes altyd. Niks het verander nie. Hier sit julle nog, soos altyd, en probeer die sorge van die lewe wegdrink. Asof dit nou sal help. Plaas dat julle vir julle behoorlike werk loop soek in die stad, maar nee, julle wil mos hier sit en vergaan. Eweso wil julle op die welsyn staatmaak om vir julle te sorg. Maar die geld wat julle kry, kom sit julle en uitsuip hier in die kroeg, plaas dat julle dit gebruik en julleself ophef. Kyk na my, ek het die sleutel wat vir my uitgehou is destyds, gebruik en vir my ‘n ordentlike lewe loop maak. Kyk nou maar vir ou lomerige Adoons, die ou kanniedood, hier sit jy ook nog, die geleenthede het oor jou pad gekom, maar een vir een het jy hulle van die tafel afgeskuif. Dat oom Piet jou nog nooit weggeja het nie, kan ek ook nie verstaan nie.”
Ek sit asof versteend na die jongman voor my en kyk. Wie dink hy is hy? Het hy nie ‘n tikseltjie respek vir die mense wat hier sit nie? Hulle is almal ouer as hy en ken die swaarkry van die lewe. Verstaan hy nie waaroor dit gaan nie, die essens van die lewe nie? Ja, dit klink my hy gryp die geleenthede wat oor sy pad kom, aan, maar besef hy nie hoe gelukkig hy wel is nie? Dit gaan swaar in die land, die ekonomie sukkel? Dit lyk my hy dink hy het in die botter geval, maar weet nie van groeipyne wat nog iewers in sy lewe sal kom nie?
John, die kroegman staan ook doodstil, hy knip nie ‘n oog nie, terwyl hy egalig sy een arm met die ander staan hand en vryf. Links van my sien ek ‘n beweging. Daar staan ‘n man op. ‘n Groot man. ‘n Gespierde man. Nie iemand met wie ek wil moeilikheid maak nie.
Hy stap stadig en afgemete na die jongklong. “Koos Koekemoer,” sê hy, “nog net so ‘n rammetjie uitnek soos altyd. Weet nie wanneer om te praat en wanneer om stil te bly nie. Geen respek vir ander mense nie. Wat ‘n klug om ander so te probeer verneder net sodat jy kan beter voel. Vandag gaan ek hierdie houding vir eens en vir altyd uit jou smoor. “
Die man vat vir Koos Koekemoer om sy nek. Toe gee hy hom ‘n behoorlike oorveeg. En nog een. Sommer ‘n vuishou in die maag ook. Koos vou dubbeld.
“Mooi man! Ou Gert, jy is my held! Ek wou al lankal die mannetjie sy les geleer het, maar ek het nooit die moed gehad nie. Nou lê hy hier op die vloer soos ‘n nat snoek met blertse bloed oral om hom. Ou Gert, dit was nou net die doepa wat ons almal nodig gehad het. Kroegman, die volgende rondte is op my!,” praat een uit die hoek van die vertrek.
Ek sit steeds versteend, verbouereerd, maar toe ek die verandering in die atmosfeer sien, hoe lekker die mense lag en gesels, besef ek dat dit hier oor baie meer gaan as wat ek ooit sou besef, dat dit tyd was dat hierdie outjie sy les geleer word, selfs al is dit op ‘n manier wat ek nie voorstaan nie. Daardie aand kuier ons tot laat en stap rustig huis toe.
En as julle wonder oor hierdie storie en oor my, wil ek net sê, dit is deel van ‘n bloguitdaging wat ons lekkervurige vuurvliegie uitgedink het. Dit moes humoristies wees, waaroor ek nou nie so seker is nie, maar die woorde in swart gedruk is die woorde wat ons moes gebruik. Dankie Vuurvliegie vir nog ‘n lekker uitdaging en dat jy ons druk om buite ons gemaksone te dink en ons verbeelding te gebruik.
Hierdie storie is 100% suiwer verbeelding van die Toortsie.
Dit is ‘n wonderlike storie – ek kan dit ‘sien’ gebeur!
LikeLike
Dankie! 😳
LikeLike
Wat ‘n lekker storie. Natuurlik is dit snaaks en veral omdat ek jou glad nie in ‘n kroeg kan sien nie
LikeLiked by 1 person
😁🤣
LikeLiked by 1 person
My man vra wanneer hierdie insident gebeur het. 🙂
LikeLike
Sê vir hom hy het brandewyn agter die blad gehad en sal nie onthou nie 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
En ek het self ‘n paar drankie agter die blad, my onthougoed is ook nie te vertrou nie.
LikeLiked by 1 person
Toortsie jok – sy was daar. ek het eenkant gesit in die kroeg en haar en gebeure sit en dophou ek wou self opspring toe die knaap homself begin verhef maar my klappe sou van ‘n verbale aard gewees het. Gelukkig het iemand anders begin klap en kon ek steeds ongesiens vir Toortsie dophou.
LikeLiked by 2 people
Sjuuuuut
LikeLike
Goed sal nie vertel van al die dubbels wat jy gedrink het nie
LikeLike
Die dubbels is nog oraait, maar moet tog net niks sê van die dansery op die tafels nie. Dis darem net te erg.
LikeLike
En terloops, Abrie, ek het nogal gedink dat dit jy is wat daar in die hoek sit. Ek wou sê die ou lyk bekend.
LikeLike
Moenie uitpraat nie.
LikeLike
Kostelik! Ek het nogal gewonder oor daai Cane, passion fruit and Lemonade…..
LikeLiked by 1 person
Dis lekker daai!
LikeLiked by 1 person
Gewonder wat soek jy in ‘n kroeg 😂😂😂 Ok suiwer verbeelding!!! Lekker storie 😊
LikeLiked by 1 person
Wat ek in ‘n kroeg soek? Saam met my man? ‘n Drankie, dis al. 😁
LikeLiked by 1 person
Jy het dit so goed geskryf, ek het amper gedink dis die waarheid!
LikeLiked by 1 person
Daai mond kort heuning!
LikeLiked by 1 person
lekker storie,Toorts. !
LikeLike
Dankie!
LikeLike
Lewendige verbeelding, Toortsie!😉🤗
LikeLiked by 1 person
Jongie! 🙈
LikeLike
So lekker geleeslag tot jy dit spoil met die laaste klugsinnetjie. Ek het al ‘n video in my kop gemaak, dis so werklik…..
LikeLiked by 1 person
Ai nan. Sorrieee.
LikeLike
🤣😂🤣😂🤣😅😇🤪 Jy kan die Pous oortuig dat malvapoeding toe nie bantingsonde is nie. Hy sal jou glo maar my vra hy R50….
LikeLiked by 1 person
Ai hoe vly jy my nou. Nou weet ek nie hoe jy daai woord spel nie!
LikeLike
Nog reg gespel ook!
LikeLike
Rêrig êrig.
LikeLike
Ek het lekker gelees.
LikeLike
Baie dankie.
LikeLike
En het ek dit nie geniet nie! Oulik vertel.
LikeLiked by 1 person
Dankie. 😁
LikeLiked by 1 person
Toorts, ek het so lekker vir jou kroegstorie gelag dat ek my 🏆🏅boodskap nooit gestuur get nie. Jinne, ken ek nou sulke mannetjies wat weet jy eie is my pa, ek sal die ego breker wil huur om paar lesse in die omtes te kom leer. Baie oulik, karnallie, jy.
LikeLiked by 1 person
Dankie, maar toe kom Abrie wraggies met die hele sak oatats uit! 😂
LikeLike
😉👌
LikeLiked by 1 person
Ek moet nog by jou ook kom kommentaar lewer, dit gaan bietjie dol.
LikeLike
Gedorie! Dit was nou goeie duimsuiery 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
😜😂
LikeLike
Jinne jy het my gevang…. oulike storie
LikeLiked by 1 person
Het ek? Rêrig êrig? 🤣
LikeLike
Ek dog so by myself, ek sien jou nie in so plek nie. Maar jy vertel so oulik dat ek moes mooi dink
LikeLiked by 1 person
Jong, soms doen ‘n mens die vreemdste goed. 😂
LikeLike