Ek is die mamma van ‘n tweeling. Van ‘n identiese tweeling. Alhoewel hulle deesdae op die oog af glad nie na mekaar lyk of aard nie, kan hierdie mamma sê dat daar baie meer ooreenkomste tussen hulle is as wat die oog kan sien. Omdat soveel mense oor jare met my daaroor verskil het, selfs al het ek probeer verduidelik dat hulle medies gesproke identies is, het ek op ‘n stadium self begin twyfel en begin oplees daaroor. Dit het aanleiding gegee tot hierdie bloginskrywing oor tweelinge.
Vandag kry ek hierdie wonderlike e-pos:
Toestemming benodig om blogplasing te publiseer in die Best Books Eksamenhulp Graad 11 Eerste Addisionele Taal se Taal- en leesoefenboek
Hallo Madele
Ek hoop dit gaan met jou goed.
Ek wil graag toestemming verleen vir die gebruik van die blog “Oor tweelinge” (https://toortsie.com/2015/12/10/oor-tweelinge/), wat op jou webwerf verskyn het. Ons wil hierdie teks in die Best Books Eksamenhulp Graad 11 Eerste Addisionel Taal se Taal- en leesoefenboek, saamgestel deur Marelize Swanepoel, publiseer. Leerders gaan na aanleiding van dié teks vrae beantwoord wat hulle sal voorberei op toetse en eksamens. Ons publikasie sal in Maart 2020 verskyn.
Sal jy asb. deur my versoek lees en vir my terugvoer gee?
Vriendelike groete
Tik my met ‘n veer om! Hulle wil MY bloginskrywing in ‘n handboek plaas! WOW! In nederigheid het ek onmiddellik JA gesê, hoe dan anders?
Oor die boek skryf sy die volgende:
Die Best Books Taal- en leesoefenboek vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid tweetalige opsommings en taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help. Hierdie taaloefeninge sal die worstelende én die vooruitstrewende addisionele taal-leerder help om beter te vaar in die eksamen.
Ag, ek wou sommer net vir julle hiervan vertel. Ek voel nogal nederig opgewonde hieroor. Dit oortref my stoutste verwagtinge.
Toortsie
Baie geluk!!
LikeLike
Baie dankie! 😁
LikeLike
👍
LikeLike
Geluk, Toortsie, dis wonderlik!
LikeLiked by 1 person
Ek het sommer gaan sit toe ek dit lees. Baie dankie 😁. Regtig nie verwag nie.
LikeLike
Una, dit gaan net die boek wees wat jy vir jou leerlinge gaan benodig. 🙂
LikeLike
Dis regtig om op trots te wees!
LikeLiked by 1 person
Dankie liefste tannie Frannie.
LikeLiked by 1 person
Ek is baie bly om dit te hoor – geluk dat jou bloginskrywing gekies was.
LikeLike
Baie dankie.
LikeLike
Wowwwww baie geluk
LikeLiked by 1 person
Baie baie dankie 😁
LikeLiked by 1 person
Baie geluk! Dis ‘n groot prestasie.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Regtig onverwags. 😁
LikeLiked by 1 person
Baie geluk! Dis mos wonderlik!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie.
LikeLike
Baie geluk, Toortsie! Dit is baie spesiaal en veral omdat jy nie geld daarvoor vra nie. Die kinders gaan lekker lees!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Nee wat, die erkenning is genoeg, ek het mos nie regtig gewerk daarvoor nie. Ek dink daar sal ‘n bietjie editing nodig wees. Ek voel geëerd.
LikeLiked by 1 person
Dit is beslis ‘n eer. Baie geluk
LikeLiked by 1 person
Baie dankie.
LikeLike
Baie geluk, dis wonderlik!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk! Ek ken daardie lekkerte, hoewel erg afgeskaal☺️. ‘n Driehonderd woorde stukkie fiksie uit my pen het toendertyd verskyn in Best Books se Piekfyn Afrikaans vir Graad 6. Ek kry steeds halfjaarlikse aalmoesies daarvoor!
LikeLike
O dankie! Ek reken glad nie op ‘n aalmoesie nie, maar ek is bly jy kry nog ‘n ietsie. Geluk ook met joune!
LikeLiked by 1 person