NaNoWriMo Vordering

Mikpunt: 50 000 woorde voor 30 November.

1/10 = 5 000 woorde – 3 November

1/4 = 12 500 woorde – 7 November

1/3 = 16 667 woorde – ek werk nog daaraan.

Geskryf sover: 15 184.

Ek is nog heeltemal binne die beplanning. Om 50 000 woorde in November te skryf, moet ek probeer om 1667 per dag te skryf. Ek is dus ‘n dag se skryfwerk voor vir daardie dae wat ek nie die tyd sal hê nie.

Dankbaar.

Toortsie

Op Saterdagaand, 9 November, staan ek op 17281 woorde. Baie dankbaar. Die 1/3 merk oorgesteek. Nou mik ek vir 20 000, wat 2/5 is, of 40%.

23 thoughts on “NaNoWriMo Vordering

    1. Die meeste van die tyd kom dit maklik. Partykeer het ek die woorde in my kop, maar wanneer ek weer daarby uitkom is die woorde elders en kom dit stram uit. Ek het nog glad nie gedink waaroor ek vandag kan skryf nie.

      Like

  1. Ek hou darem ook nog by. Wat my vang is dat ek dit haat om so “los” te skryf – ek hou nie van rofwerk nie. Is dit wat mens dit noem? Wanneer ek skryf, wil ek hê die woorde moet op hulle plekke pas. Dit vat ‘n bietjie langer. Vandag hol ek weer oor die vlaktes en speel Candy Crush.

    Like

Gesels saam, asseblief!