Mikpunt: 50 000 woorde voor 30 November.
1/10 = 5 000 woorde – 3 November
1/4 = 12 500 woorde – 7 November
1/3 = 16 667 woorde – ek werk nog daaraan.
Geskryf sover: 15 184.
Ek is nog heeltemal binne die beplanning. Om 50 000 woorde in November te skryf, moet ek probeer om 1667 per dag te skryf. Ek is dus ‘n dag se skryfwerk voor vir daardie dae wat ek nie die tyd sal hê nie.
Dankbaar.
Toortsie
Op Saterdagaand, 9 November, staan ek op 17281 woorde. Baie dankbaar. Die 1/3 merk oorgesteek. Nou mik ek vir 20 000, wat 2/5 is, of 40%.



Jy wikkel hulle lekker. Ons stap so saam-saam die langpad. Mooi hoor.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek kan dieselfde vir jou sê. 😁
LikeLiked by 1 person
Toorts, is dit harde werk? Kom die woorde maklik?
LikeLike
Die meeste van die tyd kom dit maklik. Partykeer het ek die woorde in my kop, maar wanneer ek weer daarby uitkom is die woorde elders en kom dit stram uit. Ek het nog glad nie gedink waaroor ek vandag kan skryf nie.
LikeLike
Hoe lank vat een skrywe jou?
LikeLike
Ek dink omtrent ‘n uur en ‘n half. Party dae skryf wk die hele ding op een slag. Ander kere gebeur dit in sarsies.
LikeLike
👍🤗
LikeLike
Ek is mos nie ‘n goeie roetinemens nie. Dit begin my nou vang, daai ding van elke dag ‘n tydjie te moet inruim om te skryf.
LikeLike
Ek hou darem ook nog by. Wat my vang is dat ek dit haat om so “los” te skryf – ek hou nie van rofwerk nie. Is dit wat mens dit noem? Wanneer ek skryf, wil ek hê die woorde moet op hulle plekke pas. Dit vat ‘n bietjie langer. Vandag hol ek weer oor die vlaktes en speel Candy Crush.
LikeLike
Geniet dit. Ek skryf maar om klaar te skryf omdat dit mos in elk geval individuele stukke is.
LikeLiked by 1 person
Ek word sommer moeg vir julle part … ek het nie stories in my kop nie Net prentjies.
LikeLike
Ek het ook gedink daardie stories s verlore en weet jy wat? Dit is nie! Ek is so dankbaar. 17281. Dis waar ek op hierdie oomblik staan.
LikeLiked by 1 person
Welgedaan!
LikeLike
Dankie
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Jy wikkel. Ek lees lekker saam, dink jy gaan die kerf gou bereik!
LikeLiked by 1 person
Dankie Christa. Ek lê vanoggend in die bed en dink dat dit net mooi die tyd opneem wat ek bedags net ‘n bietjie asem geskep het. Gelukkig is dit net ‘n maand.
LikeLiked by 1 person
Wil graag lees, deel soos wat jy kan asseblief.
LikeLike
Dankie, ek maak so. Ek sit daagliks sommer ern op my blog.
LikeLiked by 1 person
OK, dan haal ek mooi in.
LikeLiked by 1 person
Ek het gisteraand laat ern opgesit van tuine en tuiniers.
LikeLiked by 1 person
Ek sal gaan lees. Ons was uit en toe tref iets my weer. Gastro, maar darem ligter as gewoonlik. Ek sukkel hier met uiteet.
LikeLike
Ag ek hoop jy voel gou beter. Wat is die probleem? Is daar versteekte bestanddele in wat jou maag aantas?
LikeLiked by 1 person
Ek dink so. Voel beter, baie dankie.
LikeLiked by 1 person