NaNoWriMo2019 Op die wa

English follows below the Afrikaans.

Ek is op die wa! Ja! Ek het opgeklim! Darem hopelik nie voor op die wa nie!

My uitdaging is om 1667 woorde per dag te skryf. Ek sal natuurlik baie graag meer wil skryf, veral in die begin. Ek moet die yster smee terwyl hy nog warm is en woorde wen vir die dae wat ek nie hierby gaan uitkom nie. Dit is ‘n behoorlike skryfmarathon.

Ek het geskryf. Tans staan my woorde vir die dag op 1813. Ek het dit gemaak! 🙂 Sjoe! Om die waarheid te sê dink ek dat ek dalk later in die dag nog ‘n skryfsessie sal kan inwerk, vandag se program gee ruimte daarvoor. Ek hoop ek sal kan, maar werk dit nie, sal dit nie saakmaak nie. Ek gaan my nie onnodig druk nie.

Die boek wat ek skryf handel oor my kinderjare met toepassing op vandag. Ek wil graag stories uit my kinderjare vertel, maar terselfdertyd deurtrek na vandag en hoe ek vandag optree en glo.

Vanoggend het ek myself voorgestel. Wie is ek? Waar kom ek vandaan? Wie was in ons gesin? Met wie is ek getroud? Wie is my kinders? Waar het ek skoolgegaan? Waar het ek gewoon as kind. Sommer net algemene agtergrond.

My plan is om dan nou met die volgende hoofstuk te begin met my stories.

Maar nou is ek vir eers klaar ge #NaNoWriMo vir die dag, my lewe moet darem ook seker gebeur. Wie weet, dalk kom daar nog ‘n tydjie.

Terloops, as ek gister kon skryf en so vinnig kan tik soos die gedagtes en woorde deur my kop gestroom het, was ek nou al klaar. Ongelukkig werk dit nou nie so nie en is daardie woorde rivier af!

Mooi loop!

Toortsie

I’m on the NaNoWriMo wagon! I did it! My challenge is to write 1667 word per day, every day for the Month of November.

I want to try and write more than 1667 words per day, especially in the beginning of this challenge, for there will be days when I won’t get the time to do it. It is like doing a writing marathon!

This morning I wrote 1813 words. I did it! I hope to get another writing session today and write a few more words.

I write in my home language, Afrikaans, about stories from my childhood. Today I introduced myself and I plan to start writing the stories from tomorrow.

Best wishes

Toortsie

For my English Blog posts, click HERE.

18 thoughts on “NaNoWriMo2019 Op die wa

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord