
English follows below the Afrikaans.
Ek is op die wa! Ja! Ek het opgeklim! Darem hopelik nie voor op die wa nie!
My uitdaging is om 1667 woorde per dag te skryf. Ek sal natuurlik baie graag meer wil skryf, veral in die begin. Ek moet die yster smee terwyl hy nog warm is en woorde wen vir die dae wat ek nie hierby gaan uitkom nie. Dit is ‘n behoorlike skryfmarathon.
Ek het geskryf. Tans staan my woorde vir die dag op 1813. Ek het dit gemaak! 🙂 Sjoe! Om die waarheid te sê dink ek dat ek dalk later in die dag nog ‘n skryfsessie sal kan inwerk, vandag se program gee ruimte daarvoor. Ek hoop ek sal kan, maar werk dit nie, sal dit nie saakmaak nie. Ek gaan my nie onnodig druk nie.
Die boek wat ek skryf handel oor my kinderjare met toepassing op vandag. Ek wil graag stories uit my kinderjare vertel, maar terselfdertyd deurtrek na vandag en hoe ek vandag optree en glo.
Vanoggend het ek myself voorgestel. Wie is ek? Waar kom ek vandaan? Wie was in ons gesin? Met wie is ek getroud? Wie is my kinders? Waar het ek skoolgegaan? Waar het ek gewoon as kind. Sommer net algemene agtergrond.
My plan is om dan nou met die volgende hoofstuk te begin met my stories.
Maar nou is ek vir eers klaar ge #NaNoWriMo vir die dag, my lewe moet darem ook seker gebeur. Wie weet, dalk kom daar nog ‘n tydjie.
Terloops, as ek gister kon skryf en so vinnig kan tik soos die gedagtes en woorde deur my kop gestroom het, was ek nou al klaar. Ongelukkig werk dit nou nie so nie en is daardie woorde rivier af!
Mooi loop!
Toortsie
I’m on the NaNoWriMo wagon! I did it! My challenge is to write 1667 word per day, every day for the Month of November.
I want to try and write more than 1667 words per day, especially in the beginning of this challenge, for there will be days when I won’t get the time to do it. It is like doing a writing marathon!
This morning I wrote 1813 words. I did it! I hope to get another writing session today and write a few more words.
I write in my home language, Afrikaans, about stories from my childhood. Today I introduced myself and I plan to start writing the stories from tomorrow.
Best wishes
Toortsie
For my English Blog posts, click HERE.
Mooi Toortsie,
Ik hb ergens een privéblog waar ik net hetzelfde heb gedaan.
Gij geeft me de moed om de draad terug op te nemen en er aan verder te werken.
Bedankt voor jouw motivatie.
Groetjes uit België
Theo
LikeLike
Hello Theo. Baie dankie. Sterkte, dalk kry jy sommer gou weer die storie aan die gang.
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Geluk!
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁 Kom ons kyk of ek dit weer regkry? 🙈
LikeLiked by 1 person
Jy gaan..
LikeLike
Jy’s ‘n maatjie duisend. 😁
LikeLiked by 1 person
Wow Toorts, jy doen dit!💃
LikeLike
Dankie Una dankie 😁 Ek dink jy miet inskryf en daai stories vir jou kleinkinders begin skryf.
LikeLike
Goeie wegspring Toortsie. Ek is so ‘n kortkop agter jou met 1801 woorde.
LikeLiked by 1 person
Uitstekend. Ons gaan mekaar sleep tot by die wenpaal. Skryfmarathon, dis wat dit is! Ek het toe nog weer ‘n bietjie geskryf.
LikeLiked by 1 person
Ek het liewer gaan slaap!
LikeLiked by 1 person
Jou gesê jy gaan dit kan doen sonder ‘n gesukkel. 😊
LikeLike
Het toe sommer dag2 s’n ook geskryf. As ek net gister al die woorde watdeur my kop gemaal het kon skryf, was ek noual amper klaar.
LikeLiked by 1 person
Pragtig man. Wys jou waar daar n wil is is dar n weg. Sterkte met jou volgende dag . My tweede dag het met rukke en stote gegaan omdat ek weer Bea op kort kennisgewing moes oppas. More ook.
LikeLike
Dankie. Vandag gaan vir my ook dalk met stampe en stote wees. 5 min hier en 10 daat.
LikeLiked by 1 person
Dit maak my nogal warm onder die kraag as daar dinge onverwags voorval en mens nie regtig kan sit en n goeie stoot gee nie. Dis juis waarom die maand se skrywery so belangrik is om n mens ritme in skryf te gee.
LikeLiked by 1 person
Hierdie is nou sommer ń uitstekende wegspring 👏🌹
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLike