
My kop werk behoorlik oortyd. Sonder om te dink daaroor, het ek my ingeskryf vir #NaNoWriMo2019.
Ek moet bysê dat dit nie ’n vreemde iets is dat ek, sonder om te dink, sulke groot spronge doen nie. Ek het heeltemal binne karakter opgetree. In ‘n kwessie van sekondes het ek so twee jaar gelede ingeskryf vir die Desember Capital Singers. Mense, julle verstaan nie, van Oktober af tot die einde van die jaar is dit chaos by my en moet ek dinge afhandel, nie nuwe goed oplaai nie! Ek het minstens ‘n uur per dag georfen vir Capital Singers. Ek het dit gemaak.
So, ek het ingeskryf en ek gaan my bes doen om dit te voltooi: 50 000 woorde skryf oor een onderwerp in een maand. 😳 Vyftigduisend. 1667 per dag.
Sluk
Dís die groot uitdaging vir my, om 1700 woorde per dag te skryf oor een onderwerp. Onthou, ek skryf gewoonlik 400 woorde op my blogs en dan moes ek al my sê gesê het en klaarkry. Dis die ekwivalent van vier bloginskrywings per dag.
Dis dis vir my ‘n massiewe uitdaging om langer te skryf, meer te skryf, uit te brei sonder ‘n spul byvoeglike naamwoorde, maar sinvol te skryf wat die leser se aandag sal probeer behou.
My tweede uitdaging is om dit elke dag reg te kry. Elke dag te sit en skryf. Onthou, ek is ‘n lekker loskop en roetine is nie aldag vir my maklik nie. Ek is ‘n bietjie aandagafleibaar ook, so die uitdaging sal wees om te fokus.
Hoe wil ek dit aanpak? Wat ek hier skryf, is wat ek dink hoe ek dit wil doen, dis nie te sê dis hoe dit gaan gebeur nie.
Soggens is gewoonlik my beste kreatiewe tyd, dis ook soggens wat ek gewoonlik ‘me-time’ het. Ek hou daarvan om laat te lê en goed te kan doen wat ek nog op my bed kan doen, soos rekenaarwerk, borduur, stiltetyd hou, blogs lees en skryf. Ek dink dus dat ek soggens op my bed heelwat sal skryf.
Ek dink ek sal ook saans, wat ek gewoonlik boeke lees, tik, tik, tik in die bed as ek nog woorde kort.
Ek beplan om in Google Docs te skryf en dit het ek nogal op ‘n NiNaWriMo video ook gesien is wat ‘n ander skrywer ook doen. Die lekker van Google Docs is dat dit op my foon ook is. Ek is dus nie rekenaargebonde nie. Sou ek dus deur die dag aan iets dink en ek het net my selfoon by my, kan ek steeds daarop werk. Terloops, die meeste van my blogs word sommer op my selfoon getik. Dit neem wel stadiger, maar dis woorde wat getik word wanneer ek die geleentheid het om dit te doen, maar nie noodwendig by my rekenaar is nie.
Ek sal my rekenaar by die huis altyd byderhand hou. Maak ek kos en dink aan iets, kan ek dit bysit. Al probleem is dat internetverbinding nodig is as jy Google Docs gebruik.
Ek vermoed dat daar baie woorde op die pendelpad getik sal word. Op my selfoon met een vingertjie.
Ek beplan om stories uit my kinderdae te skryf wat ek dalk wil vermeng met nou se dae. Dit mag dan ook gebeur dat ek aan meer as een storie gelyk gaan werk, alhoewel dit nie aan te bevele is nie en ek eerder net op een moet fokus. As ek egter, terwyl ek met een werk aan iets anders dink, hoekom dit nie gaan byskryf nie? Dalk maar eerder fokus op die een waaraan ek werk en ‘n notaboekie byderhand hou vir sulke dwaalgedagtes?
Ek gaan my bes doen om dit te voltooi, maar ek gun myself ook die ruimte dat as dinge te dol raak en ek dit nie heeltemal klaar kry nie, dit nie die einde van die wêreld is nie. Dis immers skryfwerk wat dan wel gedoen is en ek kan mos later weer daaraan werk. Intussen sal ek regtig hard probeer.
Mooi loop
Toortsie
Hierdie bloginskrywing het 664 woorde, drie van hulle sal doen vir ‘n dag.
Hou koers, sal Voortrekkers sê! Jy sal sien dit werk soos n bom. Die belangrike is om elke dag te probeer skryf en as jy nog nie genoeg woorde het nie saans voor jy gaan slaap nog by te voeg. Gaan lekker wees.(My senuwees knaag natuurlik snags terwyl ek moet slaap!)
LikeLiked by 2 people
Dankie vir die raad.
LikeLiked by 1 person
Ek glo jy gaan dit tog geniet, Toortsie, ten spyte van die baie skryf.
LikeLike
Ek gaan beslis! Ek sal moeite doen om dit te geniet, anders sal ek nie kan volhou nie.
LikeLike
Sjoe, jy sien kans vir baie, maar die manier waarop jy dit aanpak klink perfek!Sterkte daarmee.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
Alle sukses toegewens! Ek sal ook moet uithaal en wys om by te bly met NaNoWriMo. Ek keer ook, ten dele, terug na my kinderlewe (my 50,000 woorde handel oor my ma) en ek hoop ek sal kan deurbyt – ek het nog altyd myself belowe om hierdie stuk te skryf. Maar, daar is die son en die see en roomys op die strand, en ek is ‘n baie ongedissiplineerde persoon.
LikeLiked by 1 person
Baie sterkte
LikeLiked by 1 person
Jy gaan sien, NaNoWriMo is ‘n besondere ervaring. Dit loop draaie met jou wat jy nooit sou verwag nie. Ek pak hierdie jaar nommer 4 aan! Baie sterkte.
LikeLiked by 1 person
Baie sterkte vir jou ook. Sal jy my kom soek asb? Toortsie
LikeLike
Hester gaan jy jou skrywe met ons deel, of is dit privaat?
LikeLiked by 1 person
Net sodra ek dit ‘n bietjie ge-edit en die gapings opgevul het.
LikeLiked by 1 person
Interesant… ek het nog nie regtig ‘n idee hoe ek dit gaan aanpak nie.
LikeLiked by 1 person
Jy sal dit doen. 😁
LikeLike
Toorts jy skryf alryd so vinnig en moeiteloos dat ek dink jy gaan met vlieënde vaandels hierdie wedloop voltooi.
LikeLiked by 1 person
Dankie Kameel vir jou vertroue. Maar rk maak foute, soos, dat ek gemis het dat Joseph se rykdom van st vrou af kom.
LikeLiked by 1 person
Om mis te lees doen ons almal. Dis hoekom ek glo ‘n boek moet meer as eenkeer gelees word. Mens neem nie alles op een slag in nie. Ek is ernstig as ek sê Toorts jy verbaas by met tye dat jy so vinnig iets kan skryf. Jy het genoeg woorde in jou om daardie 50 000 maklik kaf te draf.
LikeLiked by 1 person
Ek wens ek kon die woorde wat nou, terwyl ek en manlief gaan stap het, uit my kop geborrel het, in ‘n rekenaar inpomp. Sekerlik meer as 20 000!
LikeLiked by 1 person
Sien jy gaan nog die perke oorskrei 😊
LikeLike
Maar daai woorde lê nou verlore hier in die koppe op die plaas! Weggewaai deur die wind.
LikeLiked by 1 person
‘Vinnig en moeiteloos’ -groot kompliment! 😁
LikeLiked by 1 person
Ons het soveel raakpunte. Ek is ook lekker loskop en roetine maak my gek.
LikeLike
Tog het ek ‘n redelike roetine, maar dis my eie roetine wat glad nie ooreenstem met ander mense s’n nie. Dis net ‘n rofweg roetine wat baie buigbaar is. 🙂 Ek maak ander mense mal met my loskopheid.
LikeLiked by 1 person
Juffrouens is so effens in roetine, ek geniet my loskoplewe. Sê nou net ek is oud, kan maar vergeet ook …
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLiked by 1 person
Go girl!
LikeLike
Thanx
LikeLike